Bemoediging en Barnabas

 

This generation of Christians is responsible for this generation of souls on earth. —Keith Green

 

Bemoediging en Barnabas

Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring (Handelinge 9:27)

Een van die belangrikste funksies van ‘n leier is om die hoop lewend te hou. As ander verlore is in ‘n donker doolhof van wanhoop, moet leiers die donkerte met positiewe projeksies vir die toekoms verdryf. Hulle maak diegene om hulle weer optimisties oor hulleself, ander en die toekoms van die organisasie. Hulle kom langs ander staan; hulle weet of ‘n spanlid ‘n vinnige teregwysing of ‘n skouer om op te huil nodig het.

Daar is sekere geen karakter in die Nuwe Testament wat die vermoë om te bemoedig beter illustreer as juis Barnabas nie. Sy naam beteken “seun van bemoediging.” Die volgelinge in Jerusalem was bang vir Saulus – hy het immers ‘n reputasie vir ywer en wreedheid gehad. Geen wonder hulle betwyfel die geldigheid van sy belydenis van sy geloof nie. As toegewyde Fariseër het Saulus die volgelinge van Jesus vervolg.

 

As gevolg van hierdie agterdog lyk dit asof Saulus se bediening sou doodloop nog voor dit aan die gang kon kom. Dit kon dalk gebeur het as Barnabas nie ingetree het nie. Hy staan langs Saulus en bring hom na die apostels. Daar vertel hy vir die apostels van Saulus se bekering en dat hy reeds openlik in die Naam van die Here gepreek het. Barnabas moedig die apostels aan om Saulus te aanvaar – wat hulle dan ook gedoen het. Barnabas gee die nodige ondersteuning wat Saulus op daardie stadium nodig gehad het.

 

Barnabas, soos alle doeltreffende leiers, bied ondersteuning wanneer dit nodig is. Sê nou maar net dat Barnabas nie vir Paulus ingetree het nie. Wat sou dan met Paulus se bediening gebeur het? Sy optrede getuig van liefde en moed. Ons as gelowiges moet Barnabas se voorbeeld volg. ‘n Klein bietjie bemoediging kan diegene om jou weer motiveer.

 

Omdat God ons liefhet, wil Hy ons graag bemoedig. Bemoediging was ‘n sleutel tema in die openbarings van die profete – God het in liefde sy mense bemoedig. ‘n Goeie voorbeeld van wedersydse bemoediging is Dawid en Jonatan (1 Samuel 18:1 – 4).

 

Bemoediging vir ‘n mens is soos wind vir ‘n seil – dit beweeg mense na vore. Almal van ons het bemoediging nodig. Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie (Hebreërs 3:13).

 

 




Bemoediging en raad

Happy is that man, that can be acquitted by himself in private, by others in public, and by God in both. —Joseph Hall

Bemoediging en raad

Timothy Keller wat in Maart deel van die sosiale netwerk, Twitter, geword het, het onlangs vir ‘n uur lank vrae oor kultuur en die Christendom beantwoord. Dit sluit in ‘n prikkelende gesprek met die gewilde digter Jefferson Bethke. Bethke het onder andere bekendheid  met sy YouTube video:Why I hate religion, but love Jesus, verwerf.

 

Bethke vra: “As jy my geslag een stukkie raad/bemoediging kan gee, wat sou dit wees?”

Keller antwoord: “Julle is die geslag wat die bangste is vir ware gemeenskap, want dit sal onvermydelik julle vryheid en keuse beperk. Oorwin julle vrese.”

Keller se antwoord het baie positiewe reaksie op Twitter uitgelok.




Bemoediging as Christen

Bemoediging as Christen

Almal van ons voel op een of ander stadium mismoedig – jammer vir onsself. Dan het ons bemoediging nodig. Bemoediging beteken dat ek sterkte/moed in iemand se lewe inpraat. Dit is waarskynlik een van die geestelike gawes wat die minste aandag kry.

  

Martin Luther het gesê dat God die werklikheid met woorde herdefinieer het. God het die chaos raakgesien en met woorde skep Hy die heelal. God kyk na die chaos van ons sondes en verklaar ons vrygekoop deur sy Seun. As God ons verlore verklaar het, sou Hy die waarheid gepraat het, maar Hy praat ‘n nog groter waarheid: deur sy woorde herskep Hy ons.

Natuurlik kan ons dit misbruik. Ons mag nie verkeerde dinge goed noem nie. Wat ons moet doen, is om God se werking in iemand se lewe raak te sien en hulle help om dit te glo.

Bemoediging

 

Bemoediging

As ons die woord bemoedig in die Skrif raakloop, beteken dit “om sterk te maak.” As dit so is, is dit duidelik dat elke Christen voortdurend bemoedig moet word. In die Nuwe Testament lees ons van vier bronne van bemoediging.

 

1.Christus. Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart een in strewe (Filippense 2:1 – 2)

2.Die Ou Testament. Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees (Romeine 15:4).

3.Christenleiers. Nadat die oproer bedaar het, het Paulus die gelowiges bymekaar geroep en hulle moed ingepraat. Daarna het hy hulle gegroet en Masedonië toe vertrek. Op sy reis deur daardie gebiede het hy die gelowiges telkens met sy prediking bemoedig (Handelinge 20:1 – 2). Ook: Iemand wat profeteer, rig hom tot mense en praat woorde wat geestelik opbou en bemoedig en vertroosKorintiërs 14:3).

4.Medegelowiges. As ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne (Romeine 1:12).

 

Vir elkeen van hierdie vier bronne kan ons nog baie verse byvoeg. Ons het ook nog ‘n bykomende bron gekry: die Nuwe Testament.