Is die Bybel God se woord?

Is die Bybel God se woord? – Francois Malan

Susan vra:

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel. Daarop brei verse 9-11 uit:

oortuig dat hulle sondaars is voor God, en dat dit slegs deur die liefdesoffer van die Seun van God aan die kruis is dat ons sonde vergewe word.

oortuig  van geregtigheid, nl. wat die regte pad van die lewe is, dat ons verhouding met God alleen reggestel kan word deur in Jesus te glo as die Seun van God, en die seggenskap oor ons lewe aan Hom oor te gee om deur sy woord gelei te word. Die Gees lei ons juis deur die woorde en die selfopofferende lewe van Jesus, soos in die Bybel opgeteken, om tot die besluit te kom dat ons in Hom sal glo.

oortuig ons van oordeel – die heerser van hierdie wêreld, die duiwel, die mensemoordenaar van die begin af, die vader van die leuen (vgl. Johannes 8:44), is reeds geoordeel deur Jesus, wat hom nie met mag en geweld veroordeel nie, maar deur sy liefdesoffer vir die mensdom en vir die wêreld, om ons met God te versoen; Hy verbreek die krag van die dood, deur self dood te gaan(wat in Genesis 2:17 as die die straf op sonde uitgespel is), en so, as God, self die straf op ons sonde te dra deurdat Hy aan die kruis selfs van God verlaat is (Matteus 27:46), en ons bevry om as kinders van God te lewe, wat al meer soos Jesus word, deur die werk van die Gees van God, wat in ons kom woon het met sy liefde (2 Korintiërs 3:18; Galasiërs 5:22-23).

Die oortuiging dat die Bybel die woord van God is, kom slegs deur die Bybel te lees en jou vir die woord van God in die Bybel oop te stel. Daartoe help die Heilige Gees ons om tot die regte besluit oor die Bybel te kom. Wat ons vir ander daaroor kan doen, is om vir hulle te bid dat die Heilige Gees hulle sal oortuig, en hulle te nooi om die Bybel te lees, of saam met hulle te lees.

 

Prof Francois Malan

 




Is die Bybel nog relevant?

 

Once you label me you negate me. -Soren Kierkegaard, filosoof (1813-1855)

Is die Bybel nog relevant?

Dit word beweer dat meer mense ‘n Bybel besit as enige ander boek, maar min mense lees werklik hulle Bybels. Beteken dit dat die Bybel vandag nie meer relevant is vir mense nie? Nee, die Bybel is beslis nog relevant. Hier is ‘n paar redes daarvoor:

  • Die Bybel verduidelik hoe ons hier gekom het

Ons het nie sommer per ongeluk op die toneel verskyn nie. Ons het ‘n Skepper – die ewige God. Hy het die eerste mense gemaak en ons is afstammelinge van hulle.

 

  • Die Bybel verduidelik vir ons wat God gedoen het om ons te bereik selfs nadat die mense gesondig het en in opstand teen God gekom het

Ons was van God geskei. Hoekom? As gevolg van ons sonde. God kon toegelaat het dat ons vir ewig verlore gebly het. Maar Hy kom agter ons aan deur sy enigste Seun, Jesus Christus, te stuur om ons te red. Jesus se kruisdood het ons weer met God versoen.

  • Die Bybel verduidelik hoe ons ons Skepper tevrede kan stel en sy doel vir ons lewens bereik

Hoe moet ek optree sodat ek nie vir God teleurstel nie? Die antwoord op hierdie vraag kry ons in die Bybel. God wil hê dat ons sy wil vir ons lewens moet ken. Daarom het Hy vir ons die Bybel gegee. In die Bybel kry ons God se boodskap van genade en vergifnis vir sy mense. Daar lees ons ook dat God ons toerus om ander op allerhande praktiese maniere te dien.

  • Die Bybel vertel vir ons hoe God ons hart na teleurstelling kan genees

Op een of ander stadium sal almal van ons hartseer ondervind. En net ons Skepper kan ons weer genees. Berading kan nooit die genesing diep in ons bewerk wat God kan doen nie. As jou hart stukkend is, moet jy dit reg kry – God is die groot Geneser.

  • Die Bybel verduidelik hoe ek vervulling in verhoudings kan kry

Een van die groot uitdagings in die lewe is om sterk en gesonde verhoudings te handhaaf. Daar is baie redes waarom ons misluk – die grootste is waarskynlik ons eie selfsug. Dit maak dit soms vir ons baie moeilik om volledig met ander te verbind. Die Bybel leer vir God se mense hoe om hierdie verbintenisse te maak – op so ‘n manier dat dit liefde, vrede en eenheid bevorder. Die Bybel is die beste handboek oor verhoudings wat nog ooit geskryf is.

  • Die Bybel beskryf hoe ek krag kan kry as ek swak voel

Sommige mense glo dat as ek ‘n verhouding met God het ek nooit swaarkry sal ondervind nie. Dit is net eenvoudig nie die geval nie. Almal van ons gaan deur tye van ontmoediging, swakheid en moegheid. Die Bybel wys vir ons hoe God se krag ons bemagtig al voel ons ook hoe swak.

  • Die Bybel verduidelik hoe ons die ewige lewe kan kry

Meeste mense wil vir ewig in die hemel woon. Diegene wat nie in die hemel glo nie, wil iewers in ‘n gelukkige plek bly – vir ewig. Ons is geskep om vir ewig by God leef. Deur geloof in Jesus Christus kry ons hierdie gawe van die ewige lewe. Die Bybel wys vir ons duidelik die pad aan.

Hiermee kan ons begin insien dat niemand meer relevant as God is nie en geen boek meer relevant as die Bybel is nie. Miljoene boeke is al geskryf, maar net die Bybel gee vir ons die verklaring van ons lewe op aarde sowel as lewe aan die ander kant van die graf. Leer relevansie van Hom wat die boek daaroor geskryf het.




Die weg van die Here is die weg van die woord

Christianity preaches the infinite worth of that which is seemingly worthless and the infinite worthlessness of that which is seemingly so valued – Bonhoeffer

Die weg van die Here is die weg van die woord

Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Jesus Christus het ‘n hoë agting vir die Skrif. Hy ken dit en verwys gereeld daarna. Toe Hy reg aan die begin van sy bediening deur die duiwel in die woestyn versoek is, antwoord Hy hom deur uit die Skrif aan te haal. Sy sending was om die Skrif te vervul; nooit het Hy van die Skrif vergeet of dit geminag nie; nooit het Hy van die Skrif verskil nie. Hy glo aan die inspirasie van die Skrif – die hele Skrif. Hy erken die menslike outeurskap, maar getuig oor die uiteindelike Goddelike outeurskap van die Skrif.

 

Die Hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk (2 Timoteus 3:16 – 17).

In ‘n sekere sin hoef ons niks meer oor die Skrif te sê nie –as ons weet dit is deur God geïnspireer, is dit tog voldoende. Ons weet nou dat alles in die Bybel van God kom. Hoekom het ons nie hier begin nie?

  • Hierdie verse is betekenisvol, maar dit sê presies wat al die ander verse gesê het. Hierdie is ‘n bevestiging van: Wat die Skrif sê, sê God.
  • Hierdie vers beklemtoon voortsetting.. Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo (3:14). In vers 11 dink Paulus aan die mense wat hom vervolg het; in vers 13 dink hy aan goddelose mense en bedrieërs wat van kwaad tot erger gaan. En dan die teenstelling: Maar jy … (vers 14).

Paulus waarsku vir Timoteus om nie soos die goddelose mense en bedrieërs te wees nie. “Jy het grootgeword in die woord. Jou uitdaging is om aan te hou groei; hou vas aan die selfde geloof; hou aan in die regte rigting beweeg.” Dit beteken dat Timoteus naby aan God se woord moet bly: Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus (vers 15).

Hierdie is goeie raad vir elke Christen, moenie afdwaal nie. Dit mag beteken dat ons vervolg sal word (vers 12).

Met alles wat ons van die Bybel weet, moet ons harte vol lof wees en ons moet reg wees vir optrede. Ons moet reg wees om voort te gaan – in die waarheid van sy woord en om alles te glo wat in sy woord bevestig word. In ‘n wêreld wat alles wat nuut is najaag, moet ons onthou dat God gister, vandag em môre dieselfde is. Aangesien Hy nie verander nie, verander sy waarheid ook nie. U woord is die waarheid (Johannes 17:17)




Geen jota of tittel

The law, in its majestic equality, forbids the rich as well as the poor to sleep under bridges, to beg in the streets, and to steal bread. -Anatole France, skrywer en Nobel pryswenner (1844-1924)

Geen jota of tittel

Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Jesus wys almal tereg wat God se opdragte ignoreer of afwater. Hy dink aan die volle woord van God: Want voorwaar Ek sê vir julle, totdat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie (Matteus 5:18 – OAV). ‘n Jota is die kleinste letter in die Griekse alfabet;  ‘n tittel is ‘n klein merk wat soortgelyke Hebreeuse woorde van mekaar skei. Jesus dink dus hier aan die geskrewe woord van God. Jesus het nooit God se woord verwerp nie – Hy het dit wel vervul en verduidelik sodat mense dit beter kan verstaan. Jesus interpreteer die woord reg en pas dit toe.

 

Het Jesus nie soms die Skrif aangepas nie? Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:

  • Die sabbatdag. Het Jesus nie die Skrif ten opsigte van die Sabbat afgewater  nie? Jesus sê dat die Fariseërs beperkings op die Sabbat plaas wat die standaarde van die Skrif oorskry. Hy verwys onder andere na Dawid en sy manskappe wat die offerbrood geëet het – slegs die priesters mag dié brood geëet het.
  • Wat van rein en onrein kos? Niks wat van buite af in ‘n mens ingaan hom onrein kan maak nie. Hier is ‘n voorbeeld van waar Jesus die wet vervul. Hy leer vir ons die diepere betekenis van die reinheidsvoorskrifte – ons moet na Jesus in gehoorsaamheid kom om by Hom die reiniging te kry wat ons nodig het.
  • Wat van egskeiding? In Matteus 19:3 – 9 antwoord Jesus ‘n vraag van een van die Fariseërs oor egskeiding. Die liberale Jode het Moses se toegewing ten opsigte van egskeiding as ‘n blanko tjek vir egskeiding gesien. Jesus bring hulle egter hier terug na die ware betekenis van die teks – Hy gaan terug tot by Genesis.
  • Wat van ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand? (Matteus 5:38) Jesus korrigeer hier die verkeerde toepassing deur die Jode. In die tora lees ons dikwels van die wet van vergelding. Die doel is dat vergelding die gemeenskap teen kwaaddoeners moet beskerm. ‘n Oog vir ‘n oog verbied buitensporige strawwe. Jesus se siening verwys na regverdige strawwe en skakel persoonlike wraak uit.

Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid (Matteus 23:23). Veral in Matteus 5 wil Jesus sy gehoor die ware betekenis van die Skrif laat verstaan. Hy korrigeer nie die wet nie, maar Hy wil nie hê dat God se wet deur menslike tradisie omseil moet word nie. Hy vereis gehoorsaamheid aan die letter, maar ook die gees van die wet.

Die Heilige Gees, God en die Skrif is nie drie verskillende sprekers nie. Almal verwys na dieselfde goddelike skrywer.