Ek kan nie sommer net die Bybel lees nie

The sins of the wicked anger God—but the sins of professing Christians grieve him. — Thomas Watson

 

Ek kan nie sommer net die Bybel lees nie

As jy die Bybel lees, gebeur daar iets. Jy is nie sommer enige gewone mens nie en die Bybel is nie sommer enige gewone boek nie. Jy is, as jy op Jesus vertrou, ‘n verloste kind van God. Die Bybel is sy woord. Ongelukkig vergeet ons dit dikwels en word Bybellees ‘n roetine.

 

Die basiese vraag is: Hoe benader ek die Skrif? Daar is drie basiese waarhede wat ons nooit moet vergeet nie: God, die teks en die leser. Daar is ‘n God en Hy praat deur ‘n Boek en Hy praat met mense soos ek en jy.

 

 

  • Daar is ‘n God

God is ‘n werklikheid en Hy is ‘n persoonlike God. Hy het alles gemaak; Hy het aan sy skepsels geopenbaar wie Hy is; Hy het met hulle ‘n verbond gesluit. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Johannes 1:14). Wie My sien, sien die Vader (Johannes 14:9). As jy die Bybel in jou hand vashou, is hierdie Jesus in sy Gees by jou. Hy is nie ‘n veraf, onbekommerde God nie; Hy stel belang in wat jy doen; Hy is naby aan jou.

 

  • God praat deur sy Boek

God praat. Deur te praat het Hy die hele skepping gemaak; dit is hoe Hy die mens vir Hom gemaak het; Hy het sy weë aan ons bekend gemaak. Deur sy oneindige wysheid het Hy gemaak dat profete en apostels alles neerskryf. Die Bybel is die woord van God – God se gedagtes. Dit en niks meer of minder is wat God bepaal het dat Hy vir sy mense wil sê – oor geslagte en kulture heen.

 

  • God praat met mense soos ek en jy

Die grote God praat met my en jou. Hy het sy geheimenis deur ‘n openbaring aan my bekend gemaak, soos ek dit hierbo kortliks beskrywe het, en as julle dit lees, sal julle ‘n begrip kry van my insig in die geheimenis van Christus (Efesiërs 3:3 – 4). Die God wat met Moses gepraat het soos ‘n man met ‘n vriend praat, praat steeds met sy mense.

 

Dit is die werklikheid. Daar is niks belangriker of meer betekenisvol as hierdie drie waarhede wat saamvloei nie. Jy kan nie sommer net die Bybel lees nie.

 




Lees jou Bybel reg

 

“If you are to go to Christ, do not put on your good doings and feelings, or you will get nothing; go in your sins, they are your livery. Your ruin is your argument for mercy; your poverty is your plea for heavenly alms; and your need is the motive for heavenly goodness. Go as you are, and let your miseries plead for you.” C. H. Spurgeon

Lees jou Bybel reg

Die Bybel moedig gelowiges gereeld aan om hulle Bybels te lees. Hoekom? Sodat ons daagliks verfris kan word deur die onderrig, bemoediging, teregwysing en leiding gevind in die Woord. Maar hoe moet ons die Bybel lees? Josua 1:8 gee vir ons ‘n paar riglyne: Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.

Wat leer ons uit hierdie vers?

 

  • Lees die Bybel gereeld: Oordink dit dag en nag.
  • Moenie net lees nie, maar dink oor wat jy lees: Oordink dit.
  • Hou vas aan wat jy gelees het: Sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan.
  • Laat dit jou lewe reguleer: Dan sal jy slaag in wat jy moet doen.

Dit gaan oor meer as lees – dit gaan oor nadenke en uitvoering – dit doen wat ons gelees het.




Sing en Bybellees

Where God is not loved above all, he is not loved at all; and he is not so where men will not part with one cursed lust for his sake. Do not let your light deceive you, nor your gifts, nor your duties, nor your profession; if you live in sin, you do not love God. — John Owen

Sing en Bybellees

Meeste van ons hou daarvan om in die kerk te sing. Ons voel ‘n emosionele verbintenis met God terwyl ons sing. Maar as ons klaar gesing het, maak ons ons Bybels oop. Skielik voel ons nie meer daardie emosionele band nie. Die Bybel is ingewikkelder as ‘n paar verse van ‘n lied.  Maar wat sê Psalm 119 vir ons oor God se woord?

 

  • ‘n Uitnodiging en bevel

Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen (119:2).

Ons moet reg dink oor God se woord en diep daaroor voel in hulle harte. Daar is nie ‘n verdeling tussen intellek en emosies nie – beide ons denke en emosies moet op God se woord reageer. Elke keer as ons die woorde van die Bybel hoor, is dit God wat met ons praat. Sy woord vereis ons aandag, gehoorsaamheid en liefde. In al 176 verse van Psalm 119 is daar ‘n onbreekbare band tussen ken en voel.

 

  • Dink reg

U bepalings is regverdig; as ek hulle ter harte nee, sal ek U loof met ‘n opregte hart (119:7)

U voorskrifte is vir my ‘n lied in my lewe hier op aarde (119:54)

Ek smag na u redding, ek vertrou op u woord (119:81).

Ons moet reg oor die woord van God dink – dit is God se woorde. As ons reg dink oor sy woord kry ons die diepte van emosie wat ons in hierdie drie verse sien. Die psalmis het sy verlossing en hoop  op God se woord gevestig en dit lei tot ‘n verlange, hoop, sang en lofprysing. Sy woord is die eerste en laaste woord. Om op God se woord te reageer moet ons dit ken – ons moet reg oor sy woord dink.

 

  • Voel diep

Ek kwyn weg van verlange na u bepalings (119:20)

U verordeninge is my vreugde, hulle is my raadgewers (119:24)

Ons moet diep oor God se woord voel. God se woord moet deur ons emosies werk sodat ons dit wat ons oor God daarin leer, diep liefhet. Daar is ‘n groot verskil om van God te weet en om Hom te ken. As jy weer God se woord hoor, luister. Laat God se woorde jou hart warm maak.

 

Mag ons mense wees wat reg dink en diep voel oor God se woord.

 




Lees die Bybel teologies

If you are not content with what you have, you would not be satisfied if it were doubled. —C.H. Spurgeon

 

Lees die Bybel teologies

Die doel om die Bybel teologies te lees, is nie net om die waarheid aangaande God te ken nie (dit is ook belangrik), maar om God te ken in ‘n persoonlike verhouding wat Hom eer. Dit beteken dat ons Jesus wat aarde toe gekom het, gekruisig en begrawe is en weer opgestaan het,  dien. Drie vrae is vir lesers van God se geïnspireerde woord baie belangrik.

  • In die gedeelte wat ons lees, wat word daar van die Vader, Seun en Heilige Gees gesê? Wat het hulle gedoen, wat is hulle besig om te doen en wat sal hulle in God se wêreld, die kerk en in lewens wat aan Hom toegewy is, doen? Wat openbaar die gedeelte oor God se eienskappe – hoe tree Hy op?
  • In die gedeelte wat gelees word, wat word van die wêreld, met al sy goeie en slegte eienskappe gesê? Ons moet onderskei tussen wat goed en sleg in die wêreld is om sodoende die versoekings te vermy.
  • In die gedeelte wat ons lees, wat word gesê om ons te lei in ons daaglikse lewe? Wat sê God vir ons in ons situasie vandag in hierdie gedeelte? Hierdie onderskeidingsvermoë gee die Heilige Gees aan ons.

Diegene wat opreg soek, sal inderdaad vind.