Tagged: etes

image_pdfimage_print

Etes en kos in die Bybel (3)

Etes en kos in die Bybel (3) – Jan van der Watt

Vandag kyk ons na speserye asook na vleis, vrugte en ander eetgoed waarvan ons in die Bybel lees.

Anders as vandag is speserye nie spesifiek vir kos gebruik nie – daar is uit Mesopotamiese dokumente aanduidings dat mense dit vroeg reeds in kos gebruik het. Speserye is veral as lekkerruikmiddels gebruik (wierook, parfuum of olies) en het ook as medisyne diens gedoen (Jeremia 8:22)..

Etes en kos in die Bybel (2)

Etes en kos in die Bybel (2) – Jan van der Watt

Brood was ‘n basiese bestanddeel van enige huishouding se diëet. Brood was deel van elke aandete (en selfs van ander etes gedurende die dag). Brood was nie alleen ‘kos’ nie – dit was veel meer. Dit het ook diens gedoen as ‘eetinstrument’. Daar was gewoonlik ‘n bak met sous of vleis in die middel van die tafel.

Etes en kos in die Bybel (1)

Etes en kos in die Bybel (1) – Jan van der Watt

‘n Gewone persoon in die ou tyd het gewoonlik ietsie ligs vroeg in die oggend geëet soos gedroogte vrugte (vye of olywe), kaas en het dikmelk gedrink as dit beskikbaar was. Hulle het dit gewoonlik sommer om hulle lyf saamgedra.

image_pdfimage_print