Die karakter van die geloofsgemeenskap

. —J.I. Packer

Die karakter van die geloofsgemeenskap

Elke gelowige moet telkens sy storie deur die lens van God se storie oorweeg. Net so noodsaaklik moet elke gelowige sy storie verbind aan dié van die ander gelowiges wat saam met hom in die plaaslike gemeente is. Jesus se storie sluit in die skepping van ‘n geloofsgemeenskap saamgebind deur hulle geloof en die Heilige Gees.

Paulus beklemtoon dit in elke hoofstuk van die Filippense-brief. Omdat julle van die eerste dag tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie (1:5); Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing (2:1) ens.

 

Paulus beklemtoon die gemeenskap van gelowiges met mekaar. Hy pleit by hulle dat hulle hulle nog dieper aan hulle geloofsgemeenskap moet verbind. Dit beteken meer as net om saam aan gemeenskapsprojekte te werk – alhoewel dit baie belangrik is. ‘n Christelike gesindheid sluit in om ander gelowiges in nederigheid te dien, mekaar lief te hê, om die goed van ander na te jaag. Die geloofsgemeenskap kan nie te midde van skinder en kla groei nie. Doen alles sonder kla en teëpraat I2:14); Moet niks uit selfsug en eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself (2:3).

Die dae is verby dat ons geloofsgemeenskappe die meerderheid in ons samelewings vorm – ons is ‘n minderheid. Om enigsins ‘n impak te maak, is eenheid in die kerk noodsaaklik.




Moet ek deel wees van die geloofsgemeenskap?

To achieve great things, two things are needed: a plan and not quite enough time – Leonard Bernstein

Moet ek deel wees van die geloofsgemeenskap?

Afgesien van die Bybelse redes is daar ook praktiese redes om deel van die geloofsgemeenskap te wees. Hier is ‘n paar:

  • Om jouself aan die geloofsgemeenskap toe te wy, is ‘n kragtige stelling in ‘n kultuur van lae toewyding. Sekere rolbalklubs verwag meer van hulle lede as die kerk. Ons woon in ‘n verbruikerskultuur waarin alles ingestel is om in jou behoeftes te voorsien en aan jou voorkeure te voldoen. As daar nie aan ons behoeftes voldoen word nie beweeg ons aan na die volgende produk of werk … Om in hierdie omgewing aan te sluit is teen die kultuur: I am committed to this group of people and they are committed to me. I am here to give, more than get’” (Kevin DeYoung). Hy gaan dan verder:  “We prefer to date the church – have her around for special events, take her out when life feels lonely, and keep her around for a rainy day. Membership is one way to stop dating churches, and marry one.”
  • As ek lid van die geloofsgemeenskap is, vermy ek die versoeking – wat almal van ons gereeld ondervind – om té onafhanklik te wil wees. Onafhanklikheid is iets waarvoor ons dankbaar moet wees. Die kerk is egter ook kommunaal. Ons leef hier in wedersydse ondersteunende verhoudings met mekaar – verhoudings waarin ons mekaar aanmoedig en aanspreeklik hou. Ons leef is ‘n samelewing waarin alles oor self gaan – selfbevordering, selfbelang … Die kerk gaan egter oor wedersydse onderwerping aan mekaar; oor die bevordering van ander se behoeftes.
  • As ek lid van die geloofsgemeenskap is, fasiliteer dit aanspreeklikheid. As ek deel word van die geloofsgemeenskap offer ons ons aan mekaar om bemoedig en tereggewys te word en om mekaar te dien. Ons stel onsself onder leiers: Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het (Hebreërs 13:7).

Om lid van die geloofsgemeenskap te wees is ‘n voorreg, maar ook ‘n verantwoordelikheid.

 




Die geloofsgemeenskap is onontbeerlik

Die geloofsgemeenskap is onontbeerlik

Hiervolgens dien die geloofsgemeenskap ‘n dubbele rol: dit bind gelowiges saam in heiligheid en skei gelowiges van die besoedeling van die wêreld. Het Calvyn nie hier iets beet wat moderne Christene baie nodig het nie – die geloofsgemeenskap as toevlugsoord. Die Christelike geloof was nog nooit en sal ook nooit ‘n individuele saak wees nie. Gelowiges kom gereeld bymekaar, nie net vir aanbidding nie, maar ook vir wedersydse bemoediging en opbouing.

Jesus se gemeenskap

. -Abraham Lincoln,

Jesus se gemeenskap

Kom ons kyk na van hierdie stellings:

Christene gee om vir mekaar. Maar Paulus gaan verder: bewys eerbied teenoor mekaar – teenoor alle gelowiges die hele tyd. Eerbied en liefde is aan mekaar verbind. As ons God se liefde vir ons – ten spyte van onsself – verstaan, kan ons ander liefhê – ten spyte van hulleself. Liefde vir God lei tot liefde en eerbied vir ander.

(1 Johannes 4:10 – 12)

Hierdie gemeenskap word gekenmerk deur die warmte en gasvryheid wat voortdurend daaruit spruit. Ons is almal behoeftig. Omdat God in ons behoeftes voorsien het, moet ons in die behoeftes van ons broers en susters voorsien. Maar hierdie behoeftes is nie net materieel nie, maar ook geestelik. God het die geloofsgemeenskap gekies om te verseker dat sy kinders versorg word.

Die gemeenskap wat ons tans ondervind, is slegs ‘n weerkaatsing van die uiteindelike, ewigdurende gemeenskap. Daar is niks sterker en dieper om die gemeenskap op te bou nie as die evangelie nie. Gemeenskap is net so sterk soos dit waarop dit gebou is.