Kerkbywoning: Goed of sleg?

Grace finds us beggars but leaves us debtors. —Augustus Toplady

 

Kerkbywoning: Goed of sleg?

‘n Onlangse Gallup-opname wys dat Amerikaners wat gereeld ‘n kerk, sinagoge of moskee bywoon meer positiewe emosies vertoon teenoor diegene wat nie bywoon nie. Gereelde kerkgangers ondervind 3,36 positiewe emosies per dag teenoor 3,08 by diegene wat nie kerk bywoon nie. Hierdie verhouding word nie deur ouderdom, opvoeding en inkomste beïnvloed nie.

 

As jy meer positiewe emosies wil ervaar, woon ‘n eredeiens by.

 




Ek gaan nie kerk toe nie

The worst moment for an atheist is when he is genuinely thankful, but has nobody to thank – Dante Gabriel Rosetti

Ek gaan nie kerk toe nie

Thom Schultz (Why Nobody Wants to Go to Church Anymore) het vier herhalende temas gekry in hulle ondersoek waarom mense nie meer kerk toe gaan nie.

  • Kerkmense oordeel my – 87% van Amerikaners sê dat Christene veroordelend is. Of dit waar is of nie maak nie saak nie. Dit is ‘n baie sterk persepsie dat kerkmense graag oordeel of afkeur. Dit gaan oor gedrag, klere, keuse van vriende, besluite oor lewenstyl en selfs voorkoms.
  • Ek wil nie toegespreek word nie. Mense wil aan die bespreking deelneem; mense wil vrae vra; mense wil hulle gedagtes met ander deel. ‘n Een-rigting gesprek trek niemand aan nie.
  • Kerkmense is vals. Sjoe. Dit moet sekerlik die uitsondering wees – net 85% sê dat kerkmense vals is! Kerkleiers tree op asof hulle alleen die antwoorde het. Net hulle kan vir ander sê hoe hulle moet optree.
  • Julle God is irrelevant vir my lewe, maar ek wil graag hoor daar is ‘n God en Hy gee om vir my. Net 44% van mense wat eredienste gereeld bywoon, sê dat hulle gereeld God se teenwoordigheid in die kerk ondervind. Hulle soek iets eenvoudig; hulle wil gerusgestel word dat God werklik is; dat Hy nie net ‘n historiese figuur is nie, maar dat Hy vandag steeds teenwoordig is; dat Hy aktief is in die lewens van mense.

Ons hou nie hiervan nie, maar dit is wat die mense oor die kerk sê. Ons kan natuurlik onsself verdedig teen hierdie aanklagte. Wat gaan dan gebeur? Die kerk sal net vinniger agteruit gaan. Ons moet hierdie kritiek eerder met liefde beantwoord. Van een ding kan ons seker wees: God het nie sy kerk afgeskryf nie.




Ek kom vir die eerste keer in die kerk

William Gouge, “Of Well-using Abundance” (preek, 1655)

 

Ek kom vir die eerste keer in die kerk

Dit is belangrik dat gemeentes ‘n goeie indruk maak op besoekers wat vir die eerste keer daar ‘n erediens bywoon. In Christian Post word tien stellings genoem wat mense wegjaag.

1. 

2.Ons is vol. Jammer. Daar moet ‘n terugval plan wees. Enige besoeker wat dit een maal gehoor het, sal nie weer terugkom nie.

3.Wat doen jy hier? Dit is duidelik dat jy graag oordeel – veral in die oë van besoekers. Wat jy in werklikheid sê, is: “God kan tog nie iemand soos jy lief hê nie.”

4.Jy kan nie iewers dien nie – jy moet eers ‘n lidmaat wees. Hoekom wil jy nou ‘n lidmaat van so ‘n gemeente wees?

5.Ons glo nie daaraan om Sondae na die diens koffie te bedien nie!

6.Wat is jou adres? Jy het al ses vorms met jou adres op ingevul. Jou verwelkoming van nuwe besoekers moet goed georganiseerd wees anders skrik jy mense af.

7.Jy wil graag by ‘n kleingroep aansluit? Jy sal moet wag tot die nuwe jaar. Moenie mense meer as ‘n maand laat wag nie.

8.Hier is die waarheid alles. As jy nie daarvan hou nie, kan jy maar gaan. Wat van so ‘n bietjie liefde vir mense?

9.Hier is 38 dinge wat ons elke week in hierdie gemeente doen. Vereenvoudig dinge. As jy skielik uit 38 dinge moet kies, kies jy niks nie.

10. 

Ja, miskien so ‘n bietjie oordrewe, maar hier is tog baie waarheid in.




Hoekom gaan mense nie meer kerk toe nie?

Hoekom gaan mense nie meer kerk toe nie?

Verlede naweek het meeste mense in Suid-Afrika nie kerk toe gegaan nie. Baie van diegene wat wel daar was, het gewens hulle was nie daar nie! Hoekom? Lifetree Cafes het na mense in ‘n park in die VSA gegaan om uit te vind waarom hulle nie kerk toe gegaan het nie.

 

Hulle redes val in vier groepe uiteen:

  • . Buitestanders sê hulle voel soos uitgeworpenes. Een vrou het gesê kerkmense verwerp haar omdat sy rook. Natuurlik is rook ‘n ongesonde gewoonte, maar ons kan tog nie iemand verwerp net omdat hy/sy rook nie.
  • . Dit is nie net oor gedrag waarvan hulle praat nie, maar oor kerkmense wat glo dat hulle al die antwoorde het. Hulle stel net daarin belang om vir ander te sê wat hulle moet doen.
  • . Meeste mense ondervind nie God se teenwoordigheid in die kerk nie. Hulle soek nie die oppervlakkige nietighede wat so baie leraars vandag opdis nie. Hulle wil weet dat God ‘n werklikheid is, dat Hy vandag steeds teenwoordig is en dat Hy steeds aktief betrokke is by mense.

Kerkmense moet ophou praat en ‘n slag luister. Natuurlik kan ons nie ons bediening bou op wat hierdie buitestanders sê nie, maar ons moet altyd ons doel in gedagte hou: om ander in ‘n nabye verhouding met Jesus Christus te bring.

Is dit nie wat Jesus self gedoen het nie? Hy het weggebreek van die gewoontes en roetines van die godsdienstige elite van sy dag. Hy het verhoudings gebou met diegene wat geen sê in die gemeenskap gehad het nie. Die fondament van sy bediening was verhoudings.

Die klink miskien outyds, maar dit is steeds baie doeltreffend – bou verhoudings.