Leef uit jou Doop: 5.2 Moet ons Jesus deur die water volg?

5.2 Moet ons Jesus deur die water volg?

Die betekenis van Johannes se doop

Kom ons kyk eers na die betekenis van Johannes se doop. Kom ons vergelyk dit met die Christelike doop wat ons vandag het en wat Jesus eers aan die einde van sy lewe ingestel het (Matt 28:19).

♦  Johannes het nie in die Naam van die Vader en die Seun en die Gees gedoop nie.

♦  Johannes se doop kon mense nog nie deel gee aan Jesus se kruis, begrafnis en opstanding nie omdat Hy nog geleef het.

♦  genoem word nie. In Johannes se doop het dit gegaan oor dit wat die mens doen, die mens se bekering en belydenis, terwyl dit in die Christelike doop gaan oor dit wat God doen. Dit is waarom ons dit ’n sakrament noem.

ons in die Christelike doop iets het wat heeltemal anders is as Johannes se doop. Maar daar is ’n saak wat nog belangriker is in Jesus se doop.

Die uniekheid van Jesus se doop

Dis merkwaardig dat Johannes nie wil nie (14). Waarom sou dit wees? Johannes se doel is om mense te doop. Dis sy werk. Maar hy wil nie vir Jesus doop nie? Die rede lyk my voor die hand liggend. Johannes het ’n bekeringsdoop gedoop. Hy het sondaars gedoop wat hulle bekeer het. Hulle doop was deel van hulle getuienis van bekering. Maar dan kon Jesus nie gedoop word nie. Hy is nie ’n sondaar nie. Hy moet Hom nie bekeer nie. Maar Jesus dring daarop aan. En dit nadat Hy erken het Johannes is eintlik reg. Dis tog wat die “nogtans” beteken: “Johannes, jy is heeltemal reg, eintlik behoort jy My nie te doop nie, maar jy moet dit nogtans doen.”

 

In watter sin moes Jesus “geregtigheid vervul”? Sondaars moet dit doen om in die regte verhouding met God te kom. Maar Jesus is in die regte verhouding. Hy het nie geregtigheid nodig nie.

met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (2 Kor 5:21). Deur Hom te laat doop, tree Jesus as ’n sondaar op.

 

Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

 

 

 

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

 

 

 

 

Prof Adrio König

Leef uit jou Doop: 5.1 Kinderdoop: Vooraf opmerkings

Leef uit jou Doop: 5.1  Kinderdoop: Vooraf opmerkings – Adrio König

5.1 Vooraf opmerkings

Terwyl daar groot groepe Christene is wat die kinderdoop verwerp, is daar ook groot groepe wat dit saam met die grootdoop aanvaar. Dit sal egter gou duidelik word dat dit baie moeiliker is om die kinderdoop te verduidelik as om dit te verwerp. Dit sal ’n veel langer hoofstuk word. Dit op sigself kan sommige mense al laat voel dis klaar ’n duidelike teken dat die kinderdoop ’n verlore saak is.

Maar miskien moet ’n mens tog versigtig wees. Dit is net so maklik om te argumenteer dat ons nog die Sabbat moet vier en nie die Sondag nie, omdat daar geen duidelike uitsprake in die Nuwe Testament is wat die Sondagviering gebied nie, en die wet van God ewig vasstaan. Daarom is dit nogal ’n taamlike argument om ons Sondagviering teenoor Adventiste te verduidelik. En met die Drie-eenheidsleer is dit nie anders nie. Dis baie makliker vir Jehova-getuies om die Drie-eenheidsleer belaglik te maak as vir ons om dit oortuigend te verduidelik.

Dis nie noodwendig waar dat die maklikste pad ook die regte pad is nie. Paulus het dit selfs baie moeiliker gehad om die vryheid van die wet te verduidelik as sy Judaïstiese teenstanders wat eenvoudig slaafs by die wet gebly het.

 

Misverstande

Daar is ’n paar misverstande wat eers uit die weg geruim moet word. Dit is nie waar dat die aanvaarding van die kinderdoop die verwerping van die grootdoop beteken nie. Trouens dis onsin. Daar is geen kerk op aarde wat die grootdoop verwerp nie. Dit is ’n wonderlike sakrament. Grootdope in kerke wat ook die kinderdoop aanvaar, is die teken dat die kerk regtig op die wêreld ’n wins maak. Dit is natuurlik nie noodwendig waar van kerke wat die kinderdoop verwerp nie omdat hulle ook hulle gemeentekinders grootdoop, en ook lidmate van ander kerke (oor-)doop.

Maar intussen aanvaar die kerke wat saam met die grootdoop ook die kinderdoop beoefen met vreugde elke moontlike kans om iemand te doop wat regtig van buite kom.

Die kwessie van oordoop, dit wil sê om iemand ’n tweede keer te doop, is ’n ander saak wat in hoofstuk 7 bespreek word.

Verder is dit ook ’n misverstand dat kerke wat deur besprinkeling doop, onderdompeling verwerp.  Die Gereformeerde kerke by name aanvaar al vir eeue lank sowel besprinkeling as onderdompeling. Trouens in die klas sieke doopformulier word onderdompeling self vóór besprinkeling genoem. Die feit dat hulle meestal deur besprinkeling doop, is ’n blote gewoonte.

Ons gaan vervolgens die argumente teen die kinderdoop een-een bespreek.

 

Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

 

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

 

 

Prof Adrio König

Leef uit jou Doop: 4.6 Besprinkeling is nie regtig doop nie

4.6 Besprinkeling is nie regtig doop nie

Hier gaan dit oor die metode van doop. Maar die meeste Christene wat die kinderdoop verwerp, is oortuig die metode het alles met die betekenis te doen. En besprinkeling is heeltemal onaanvaarbaar.

Die Skrif self is duidelik oor die metode as indompeling of onderdompeling, en heg

geweldig groot betekenis daaraan.

Daar word veral drie argumente gebruik ten gunste van onderdompeling en teen besprinkeling.

♦  Die eerste is dat dit in die Bybel duidelik is dat mense onderdompel is.

♦  Die tweede is dat die Griekse woord vir doop eintlik “onderdompel” beteken.

♦  En die derde is dat die betekenis van die doop vereis dat dit deur onderdompeling gedoen word.

 

Onderdompeling is duidelik in die Bybel

alles kan op geen manier met besprinkeling in verband gebring word nie.

Verder is dit belangrik op watter plekke hulle gedoop het. Dit was gewoonlik in ’n rivier, soos Johannes wat Jesus in die Jordaan gedoop het. Ons lees selfs dat Johannes ook by Enon naby Salim gedoop het “omdat daar baie water was” (Joh 3:23). ’n Mens het nie baie water nodig vir

besprinkeling nie.

 

Die Grieks vir “doop” beteken “onderdompel”

iets moet in die sous ingesteek word. Iemand “doop” die beskuit in die koffie.

 

Die betekenis van die doop vereis onderdompeling

Dink maar net aan die bekende betekenis dat God ons deur die doop met Christus verenig sodat ons saam met Hom begrawe is en opgewek is. Om saam met Hom begrawe te word, moet ’n mens tog onder die water verdwyn, en om saam met Hom op te staan, moet jy dan weer uit die water uitkom. Om onder die water te verdwyn, is ook ’n mooi simbool dat ons saam met Hom sterf.

Dit is die sterk argumente teen die kinderdoop. Dit is argumente wat doelbewus met Bybelse stof werk, en daarom moet ’n mens ernstig daarna kyk. Dit is opvallend dat hierdie hoofstuk ’n baie kort hoofstuk is, en dit is ’n aanduiding hoe maklik dit is om die kinderdoop te verwerp. Daar is nie lang en ingewikkelde redenasies nodig nie. Dis “straight forward”. Lees net die Bybel met ’n oop gemoed, en die uitkoms is duidelik.

 

Kom ons vat dit alles kortliks saam.

Die hoë betekenis van die doop wat juis in hierdie boek ontwikkel word, maak die kinderdoop in beginsel onmoontlik. Daar is geen manier om die hoofbetekenisse van die doop op ’n baba toe te pas nie. ’n Baba se sonde kan nie vergewe word nie, ’n baba kan nie ’n nuwe lewe kry nie, ’n baba kan nie met Jesus verenig word, saam met Hom begrawe word en weer opstaan nie. Verder is die Bybel duidelik dat daar ’n volgorde is: eers geloof en dan doop. Die doopvoorbeelde in die Bybel is ook duidelik: Almal wat gedoop is, het eers tot geloof gekom.

aangehou om hulle seuntjies te besny.

bedien word.

 

 

leefuitjoudoopMens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

 

 

 

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

 

 

 

Prof Adrio König

 




Leef uit jou Doop: 4.5 Geen verband tussen doop en besnydenis

Leef uit jou Doop: 4.5 Geen verband tussen doop en besnydenis – Adrio König

4.5 Geen verband tussen doop en besnydenis

Mense wat die kinderdoop aanvaar, lê gewoonlik baie klem op die verband tussen doop en besnydenis. ’n Mens hoor dikwels: “Die doop het in die plek van die besnydenis gekom.” Dié wat die kinderdoop verwerp, stem glad nie hiermee saam nie. Daar is ’n baie algemene oortuiging dat die verbond met Abraham die ou verbond is en dat die Skrif duidelik daaroor is dat die ou verbond deur die nuwe vervang is (Jer 31:31 ev), die verbond wat Jesus deur sy kruisdood ingestel/bevestig het.

 

Die verbond met Abraham is ’n natuurlike, nasionale verbond wat beteken dat as iemand (net seuntjies) besny is, hy ’n Israeliet of ’n Jood was. Dit het niks met geloof te doene gehad nie. Daarom het Christus ’n nuwe verbond kom instel, die verbond van die geloof. In hierdie verband word dikwels verwys na die seëninge wat aan die verbond met Abraham verbind was: die groot nageslag en die land. Dit is tog volkome aardse seëninge met geen geestelike betekenis nie.

Daar is ander wat wel toegee dat die verbond met Abraham nie bloot ’n nasionale, vleeslike verbond was nie. Maar hulle maak dan ’n duidelike onderskeid tussen twee kante van die verbond met Abraham: ’n geestelike kant, en ’n vleeslike, nasionale kant. Die geestelike kant was Abraham se verhouding met God en sy geloof. Sy eie besnydenis was dan ook inderdaad ’n geestelike saak. Paulus skryf immers: Abraham “het die besnydenis as ’n teken ontvang. Dit is ’n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het omdat hy geglo het” (Rom 4:11). Maar dit het net van Abraham gegeld.

Die baba-seuntjies wat daarna besny is, en ook die volwasse heidene, het net ’n vleeslike teken ontvang wat niks met geloof te doene gehad het nie, maar suiwer met Joodwees. Daarom word daar ook in Handelinge gepraat van die verbond met Abraham as “die verbond van die besnydenis” (Hand 7:8, 1953-vertaling). Dit het na die vleeslike kant van die verbond verwys, en dié is opgehef deur Christus. Daarom is daar geen verband tussen die besnydenis en die doop nie. Die besnydenis was ’n vleeslike saak, die doop is ’n geestelike saak, ’n geloofsaak. Trouens Paulus het ook die besnydenis skerp afgewys, wat dit onwaarskynlik maak dat dit in die doop kon oorgaan.

Die verskil blyk ook uit die feit dat net mans en seuntjies besny is terwyl almal wat tot geloof kom, gedoop moet word, ook vroue. En verder blyk dit duidelik uit die Nuwe Testament dat die doop nie in die plek van die besnydenis gekom het nie. Immers die Joodse Christene het nadat hulleself gedoop is, nog steeds hulle babaseuntjie laat besny (Hand 21:20-21).

En wanneer ander Christene hulle op Kolossense 2:11- 12 beroep, word hulle daarop gewys dat dit daar oor ’n geestelike besnydenis gaan (“die besnydenis deur Christus”), en glad nie oor die letterlike een nie.

 

 

Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

 

 

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

 

 

Prof Adrio König