R. C. Sproul – Jan van der Watt

Vraag

Kan Ek as NG-Lid luister na R.C. Sproul. Hi, jammer om te pla maar ek wil net by julle hoor ek is mal Oor Teologie en ek wil graag my kennis van Christenskap En God Verbreed, Ek is ń Trotse NG-Lid en ek wil nie sommer na ander denominasies luister nie, ek wil net by julle hoor of ek as NG-Lid Kan luister na R.C. Sproul, hy is ń Prebyterian Teoloog, julle Hulp en Bladsy word opreg waardeer.

Antwoord

Prof Jan van der Watt antwoord:

Dankie vir jou navraag. Jy kan gerus na RC Sproul se goed luister. DIe NG Kerk se wortels le sterk in die Presbiteriaanse tradisie waarin Sproul ook staan. Hy sal baie dieselfde se as wat tradisioneel in die NG Kerk gese word. 

Skrywer: Prof Jan van der Watt




Bybellees en bid

Bybellees en bid – Francois Malan

’n Leser vra:

Ek is n kind van die Here en baie lief vir Hom. In besige tye en selfs nie besige tye sal ek nalaat om my Bybel te lees en te bid. Ek voel later so skuldig en vra keer op keer om vergifnis omdat ek nie by Hom uitkom nie. Soms weet ek nie waar om te begin lees nie. Sal Hy nog vir my lief wees?

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

Om na te laat om jou Bybel te lees en te bid is jou skade, nie die Here se verhouding met jou s’n nie.

Wanneer ons die Bybel lees, luister ons na wat die Here vir ons sê. Die Heilige Gees wat in ons kom woon het, gebruik die woord van God om ons te oortuig van verkeerde dinge in ons lewe en hoe ons moet lewe as kinders van God. Wanneer ons bid, dank ons die Here vir wat Hy elke dag vir ons doen, vra ons sy vergifnis vir ons oortredings van sy goeie wil vir ons, doen ons voorbidding vir ander, en bring ons ons eie versoeke na die Here en vra dat Hy sal gee wat die beste vir ons sal wees volgens sy oordeel.

         In die gelykenis van die saaier verduidelik Jesus dat baie van die saad, nl. die woord van God, wat gesaai word, nie vrug lewer nie: (i) deurdat die Bose dit wegvat uit die hart van dié wat die woord gehoor het, maar nie verstaan het nie; (ii) deurdat die woord nie by die persoon wortel skiet nie, en dit nie lank hou nie; (iii) deurdat die bekommernisse en sorge van die lewe, en die verleidelikheid van die rykdom die woord verstik, sodat dit sonder vrug bly. Maar waar die woord gehoor en aanvaar word, volg baie vrug (Mat. 13:18-23; Mk 4:21).

Skrywer:  Prof Francois Malan

 




Ek lees graag

God made man in his image, and man returned the favour – Voltaire

Ek lees graag

My seun, wees versigtig!  Daar kom nie ‘n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam (Prediker 12:12)

Albert Mohler het ‘n interessante blog oor lees geskryf. Ons kan nie alles lees, maar alles is ook nie werd om gelees te word nie. Natuurlik moet ons lees by die lees van die Bybel begin. Hy gee raad oor hoe/wat ons moet lees:

  • Gereelde leesprojekte. Hy verdeel sy lees in ses kategorieë: Teologie, Bybelstudies, die lewe van die kerk, geskiedenis, kultuurstudies en literatuur. Hy versamel boeke in al die kategorieë en lees hulle oor ‘n bepaalde tydperk.
  • Werk deur belangrike dele van die Bybel. Lees boeke oor spesifieke Bybelboeke – ook oor die uitleg van die verse.
  • Lees alles wat sekere skrywers skryf. Identifiseer skrywers wie se boeke jou aandag nodig het.
  • Kry ‘n paar groot stelle en lees deur hulle. Belê byvoorbeeld in die werke van Martin Luther en lees deur die hele stel.
  • Lees boeke wat jy geniet. So kan jy byvoorbeeld geskiedkundige werke of biografieë kees. Moenie vergeet om gereeld fiksie te lees nie.
  • Skryf in jou boeke; merk hulle; maak hulle jou boeke. Boeke moet gelees en gebruik word – nie bymekaargemaak word nie.

 

Lekker lees in 2014




Lees ons genoeg?

Most people are brought to faith in Christ not by argument for it, but by exposure to it. —Samuel Shoemaker

Lees ons genoeg?

Laat die wyse luister, dan sal sy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes  verkry (Spreuke 1:5 – OAV)

‘n Jong leraar vra vir die bekende prediker, Joseph H. Smith, of hy sou aanbeveel dat hy oor sekulêre werke moet lees. Smith se antwoord is duidelik:  “Young man, a bee can find nectar in the weed as well as in the flower.

 

John Wesley het die jong leraars van die Wesleyan Societies aangeraai om te lees of die bediening te verlaat. Hy het boeke oor wetenskap en geskiedenis gelees. Soos hy van die een afspraak na die ander gery het, was daar altyd ‘n boek in sy saalsak.

Andy Dolbow was ‘n bekende Indiaanse prediker. Hy het by geleentheid sy hoorders aangespoor met hierdie woorde: “When you are chopping wood, and you have a dull axe you must work all the harder to cut the log. A sharp axe makes easy work. So sharpen your axe all you can.” (The Size of the Soul, 33.

In hierdie besige lewe mag die Here my help om tyd om die byl skerp te maak, opsy te sit. Amen.