Woorde uit die Bybel – Middelaar (3)

“Trouble and perplexity drive us to prayer, and prayer driveth away trouble and perplexity” – Philip Melanchthon

Woorde uit die Bybel – Middelaar (3)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

Hoe doen Jesus Christus sy werk as Middelaar? Deur sy drievoudige amp van Koning, Priester en Profeet.

  • Koning

  • Priester

(Hebreërs 6:20). Hebreërs 7 tot 10 brei op die volmaaktheid en finaliteit van Jesus se priesterskap uit. Jesus Christus se offer bring eens en vir altyd versoening van sonde. Nog meer: Hy tree voortdurend vir die mens by God in: Juis daarom kan Hy ons saak by God regmaak wanneer ons deur Hom na God gaan. Hy sal altyd daar wees om ons saak by God te stel, want Hy leef vir altyd (Hebreërs 7:25).

  • Profeet

In Hebreërs 1:1 – 2 lees ons dat God in die verlede spesiale boodskappers (= sy profete) gestuur het om met sy mense te praat. Nou het dinge verander: Maar die tyd is nou ryp dat God sy mense weer naby aan Hom wil bring. Daarom het Hy met ons kom praat deur sy Seun, aan wie God alles gegee het. Deur hierdie Seun het God alles gemaak wat bestaan. Jesus Christus is nou ons spesiale Boodskapper – ons Profeet. God praat nou deur Hom.

Jesus, my Shepherd, Husband, Friend,

My Prophet, Priest and King,

My Lord, my Life, my Way, my End,

Accept the praise I bring.

John Newton.

Volgende keer gaan ons na versoening kyk.




Woorde uit die Bybel – Middelaar (2)

As freely as the firmament embraces the world,

or the sun pours forth impartially his beams,

so mercy must encircle both friend and foe.

Johann Christoph Friedrich von Schiller, digter en dramaturg (1759-1805)

Woorde uit die Bybel – Middelaar (2)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

Ons het reeds gesien dat daar een Middelaar is, naamlik Jesus Christus. Maar hoekom het Hy as Middelaar gekom? In die Johannes-evangelie lees ons herhaaldelik dat Jesus gestuur is. Petrus sê: God self het baie lank terug, voor die wêreld nog gemaak is,  besluit dat Jesus dit sou doen. Hy moes die volmaakte Lam vir die perfekte offer wees, sonder enige fout. ‘n Beter offer kan daar nie wees nie. Julle het nou die voorreg om te sien hoe God sy plan hier aan die einde ter wille van julle uitvoer (1 Petrus 1:20). Maar wat het Jesus Christus hier kom doen?

  • Jesus Christus kom om mense van hulle sonde te verlos. Selfs Ek, die Seun van die mens, het nie gekom sodat almal My moet bedien nie. Ek het gekom om ander te dien. Daarom het Ek my lewe gegee sodat baie mense daardeur weer God se eiendom kan word (Markus 10:45). Jesus kon dit doen, want Hyself was sonder sonde.
  • Jesus Christus kom om die verhouding tussen God en die mens te herstel. Niemand het God nog ooit gesien nie. Die unieke Seun, self God, is baie naby aan sy Vader. Daarom kan Hy ons vertel wie sy Vader is. Hy kan ons leer wat ons van God moet weet (Johannes 1:18)

Die volgende vraag is: Hoe doen Jesus Christus sy werk as Middelaar?




Woorde uit die Bybel – Middelaar (1)

Woorde uit die Bybel – Middelaar (1)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 

Middelaar

‘n Middelaar is ‘n bekende begrip in moderne internasionale onderhandelinge. As dinge baie gespanne raak en die twee groepe voel dat daar nie genoeg dinge is waaroor hulle saamstem nie, dan kom die middelaar na vore. Hy probeer die twee groepe weer bymekaar kry. ‘n Middelaar is dus ‘n man wat in die middel staan, maar met bande na beide groepe. Beide groepe vertrou hom. Hy soek geregtigheid en vrede en ‘n basis om die vriendskap weer te herstel.

Middelaar is nie ‘n woord wat baie in die Nuwe Testament gebruik word nie. Behalwe in Galasiërs 3:19 waar na Moses as middelaar/tussenganger verwys word, verwys Middelaar altyd na Jesus Christus. Jesus bemiddel tussen God en mense. As gevolg van hierdie bemiddeling word ‘n nuwe, ewigdurende verbond tussen God en mense gevestig. Hierdie nuwe verbond is ‘n belangrike tema in die Nuwe Testament.

Het die mens ‘n Middelaar nodig? Beslis. God en die mens is as gevolg van die mens se sonde van mekaar vervreem: Mense wat die heeltyd op die sonde ingestel is, is vyande van God (Romeine 8:7). Dit ontstel God: Uit sy hemelse woonplek wys God dat Hy baie kwaad is oor al die sondige dinge wat die mense hier op die aarde aanvang. Hulle verruil die waarheid vir leuens (Romeine 1:18). Ons is almal sondaars Nie een van ons leef tot God se eer nie (Romeine 3:23). Daar is nog baie teksgedeeltes wat ons kan aanhaal, maar die gevolgtrekking is baie duidelik: die mens se verhouding met God word deur die sonde verbreek en daarom het die mens ‘n Middelaar nodig.

In die Ou Testament kry ons die offersisteem. Die bloed van bulle of bokke kan mos nie regtig maak dat God Hom nie meer aan al hulle foute steur nie (Hebreërs 10:4). Die offersisteem  was in werklikheid maar beperk en tydelik – dit moes gereeld herhaal word. Dit was duidelik nie ‘n permanente antwoord nie.

In die Hebreërbrief sien ons dat die bemiddeling van Jesus Christus voorsien in alles waarin die ou stelsel tekortgeskiet het. Deur daardie wet kon die mense se saak by God nie regtig reggemaak word nie. Maar nou is daar ‘n ander manier: Jesus! En dit werk, want so kom ons baie naby aan God (7:19). Die werk wat Jesus as priester doen, is baie beter as die ander priesters se beste pogings. Net so is die ooreenkoms wat Hy tussen God en die mense gemaak het verreweg beter as die oue, omdat dit wat God beloof het soveel beter is (8:6).

Wat is nou ons gevolgtrekking? Die mens het ‘n Middelaar nodig. Jesus Christus is dié Middelaar tussen God en mens.

Die Groot Geloofswoordeboek: Middelaar

Die Groot Geloofswoordeboek: Middelaar

Die woord “middelaar” word gebruik vir iemand wat in die middel staan om twee partye weer bymekaar te bring. Dit word vir Chris­tus ge­bruik om sy rol aan te dui om die mense met God te ver­soen. (*Versoening) Die verwydering het deur ons sonde gekom, en Chris­tus is deur die Vader gestuur om ons sonde te versoen, of ons weer met Hom te versoen. Aan die kruis het Hy die offer gebring wat ons sonde versoen het en ons terugbring in gemeenskap met God as ons Hom in die geloof as ons Middelaar aanvaar. Kritiek op hierdie gedagte word elders bespreek. (*Kruis, *Versoening)

 

Skrywer: Prof Adrio König