Trekkers en sportkarre

image_pdfimage_print

For every one hundred men who can stand adversity there is only one who can withstand prosperity. —Thomas Carlyle

Trekkers en sportkarre

What does a tractor manufacturer know about sports cars?” (Enzo Ferrari). Dit wa sy woorde aan ‘n nederige Italiaanse trekkerwektuigkundige. Hierdie man was ‘n werktuigkundige, maar hy het gehou van vinnige sportkarre. Hierdie werktuigkundige was nie beïndruk met Ferrari se padhantering en hulle weiering om sekere verbeteringe te oorweeg nie.

 

 

Hierdie werktuigkundige was Ferruccio Lamborghini. Hy begin sy eie maatskappy – Automobili Lamborghini. By die motorskou in Turyn stel hy die Lamborghini 350 GTV bekend – vyftig jaar gelede. Om hierdie gebeurtenis te herdenk, stel hulle ‘n nuwe kar bekend. Sy naam, heel toepaslik, is Egoista –  selfsugtig. Dit is ‘n enkelsitplek vir mense  wat “ek, myself en my” wil vermaak.  Hierdie kar het ‘n 5,2 liter V10 600 perdekrag engine. Dit lyk meer soos ‘n spuitvliegtuig as ‘n kar.  Hierdie is ‘n uiterste vorm van genotsug; dit gaan oor plesier en die soeke na geluk – iets wat ons almal het.

 

Hierdie is ‘n leë belofte. Hoekom? Geen motor kan die leemte wat deur God gelaat is, vul nie. Natuurlik sal dit ‘n ondervinding wees om so ‘n motor te bestuur – iets wat baie min mense sal kan bekostig. Dit is egter nie waarna mense ten diepste verlang nie. Hierdie verlange kan net deur God bevredig word.  Alle ander soeke is ‘n doodloopstraat.

 

Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister en julle sal lewe (Jesaja 55:2 – 3). Maar wat doen ons? Ons verruil die hoop vir ewige vreugde vir dit wat nie ware vreugde bring nie.

 

Luister net na die psalmis: U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is (Psalms 16:11)

 

image_pdfimage_print