Trots op wat jy bereik het, is nie verkeerd nie, maar gevaarlik

image_pdfimage_print

 

The keeping of the Law should begin in us and increase more and more. – Melanchthon

 

Trots op wat jy bereik het, is nie verkeerd nie, maar gevaarlik

Billy Graham sê dat in plaas van die krediet vir jouself toe te eien, moet ons God dank vir dit wat ons persoonlik bereik het. Om trots te wees op wat jy bereik het, is nie moreel verkeerd nie. Dit is egter verkeerd om selfgesentreerd alles aan jou eie vermoë toe te skryf. Graham glo hierdie vorm van trots is gevaarlik, want dit skei ons van God en ander mense. Ons dink ons is beter as ander; ons word afgesny van hulle en is nie meer sensitief vir hulle behoeftes nie.

 

Dit skep ook ‘n afstand tussen ons en God, want Hy is die bron van alles wat ons in die lewe bereik. Hy gee aan ons gawes en vermoëns; Hy gee aan ons geleenthede om dit te gebruik. Neus in die lug sê hy: “God vra tog geen rekenskap nie!”  In al sy planne is daar geen plek vir God nie (Psalm 10:4). Dit is die woorde van die goddelose mens. Om te keer dat ons nie in hierdie strik beland nie, moet ons ‘n noue verhouding met God hê.

 

Die tragedie is dat trots ons verblind vir ons eie foute. Trots maak ons blind vir ons behoefte aan God. Ons word onafhanlik en soek nie God se wysheid en hulp nie. Paulus verwys dan ook na ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie (2 Timoteus 2:15).

 

image_pdfimage_print