Twee kante van die muntstuk

image_pdfimage_print

Gain all you can. … Save all you can. … Then give all you can. John Wesley, “The Use of Money” (preek, 1744)

 

Twee kante van die muntstuk

‘n Muntstuk het twee kante wat duidelik onderskeibaar is – vra vir die kapteins wat voor ‘n wedstryd loot. Maar dit is net een muntstuk. Ook het ons godsdiens twee kante – duidelik onderskeibaar,  maar tog een. Wat is hierdie twee kante? Geloof en die weg of, anders gestel, die waarheid en die lewe. Ons moet beide hierdie aspekte in gedagte hou of ons gaan foute maak.

 

 

Jesus is die waarheid en die lewe. Lees net Johannes 14:1 – 6 waar Tomas onder andere vir Hom sê: Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken? Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.  Jesus is beide kante van die muntstuk, want Hy is die waarheid en die lewe saam in een volmaakte openbaring van God.

 

As Christen moet jy in iets glo. Die Christelike geloof is nie leeg nie. Hierdie waarheid is vir die kop en die hart. As Jesus dan die waarheid is, moet ons nader aan Hom beweeg om uit te vind wat waar en reg is. Hierdie waarheid lei ons na die weg en die lewe. Ware geloof beteken ons loop die weg.

 

In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan (Galasiërs 5:6).

 

image_pdfimage_print