Uit die modderige slyk (3)

image_pdfimage_print

 

Hell will be full of people who thought highly of the Sermon on the Mount. You must do more than that. You must obey it and take action – John MacArthur

 

Uit die modderige slyk (3)

Psalm 40 leer vir ons baie van ons optrede as dinge in die lewe vir ons baie moeilik word. Ek gaan drie blogs aan hierdie psalm wy. Ek maak baie van die Ou Afrikaanse Vertaling gebruik

 

3. Ons kry God se verlossing nou

Wat sê hierdie psalm, geskryf meer as 3000 jaar gelede vir ons? Ons staan tog in ‘n ander geskiedkundige konteks. Ons het in werklikheid meer rede om op Hom te vertrou. Na sy opstanding sê Jesus vir die Emmausgangers dat daar selfs meer skatte in die psalms is: Jesus lê vir hulle al die  Skrifuitsprake  wat op Hom betrekking het,  uit. Jesus leer vir ons dat die Ou Testament nie net vir ons van God leer en hoe ons op Hom moet reageer nie – dit wys ook vooruit na wat Hy deur sy Seun gaan doen. Jesus is die Een wat uiteindelik God se verlossing bring.

 

Ons het dus meer rede om God te vertrou. Sy barmhartigheid misluk nooit nie. Sy verlossing kom deur die dood en opstanding van Jesus Christus. In die lig hiervan moet ons drie dinge doen:

  • Ons moet God se verlossing in die verlede onthou en vir Jesus dank. Aan die kruis het God ons sonde hanteer en ons vir alle ewigheid verlos. Die stryd met die sonde is steeds ‘n werklikheid, maar die straf vir daardie sondes is reeds betaal – eens en vir altyd aan die kruis.
  • Op grond van sy verlossing in die verlede moet ons vir sy verlossing in die hede bid. Ons kan op Hom vertrou. Maar dit is eers in die nuwe skepping wat ons vry van alle lyding sal wees. Ons weet egter ons toekoms is seker en dat ons eendag die ewigheid in sy teenwoordigheid sal geniet.
  • Ons moet die Here wat ons verlos, loof. Ons het ook ‘n nuwe lied om te sing. Hierdie lied fokus op God se goedheid in Christus. Terwyl ons die lied sing, bevestig ons ons geloof in Hom en wy ons ons lewens aan hom toe en verkondig die goeie nuus aan ander.

 

Luister na die stem van God as Hy met ons in Psalm 40 praat. Dank Hom vir die verlossing in Jesus Christus.

 

 

 

image_pdfimage_print