Van vreemdeling na Koning Jesus – Rut (2)

Satan knows that if he can get us to laugh at things we believe we would never do, our defences will fall. —Kent Hughes

Van vreemdeling na Koning Jesus – Rut  (2)

Die verhaal van Rut leer vir ons hoe God op ‘n ongewone manier werk in die lewens van ‘n boer van Betlehem, ‘n vreemdeling uit Moab en ‘n vrou wat drie van haar gesin aan die dood verloor het. God het in die geskiedenis van die mens opgetree om Hom te openbaar en mense te verlos.

Kom ons kyk na drie sketse uit hierdie pragtige boek:

  • Drie vroue op pad na iewers
  • Die man se naam is Boas
  • ‘n Seun word gebore

Skets 2: Die man se naam is Boas

Naomi is bekommerd oor Rut. Sy was ‘n weduwee sonder enige inkomste. Sy beweer selfs dat die Here teen haar gedraai het (1:21). Sy laat toe dat Rut na die lande toe gaan waar hulle besig was met die garsoes.

Daar sou sy are optel agter die snyers. Rut rapporteer by wie sy die dag gewerk het: sy naam was Boas (2:19). Toe Naomi dit hoor, prys sy die Here (2:20).

Naomi en Rut se hongersnood verander in ‘n ryk oes. Toe hulle daar in Moab gestaan het, kon hulle hulle nie indink in wat God vir hulle beplan het nie. Hier leer Rut hoe die God van Israel  voorsien in die behoeftes van armes. Rut het diep gebuig voor Boas en gevra: Waarom is u so goed vir my en stel u belang in my, in ‘n buitelander? (2:10). Meneer, u bewys my ‘n guns, u laat my goed voel, u is vriendelik met my, al is ek nie eers een van u slavinne nie (2:13).

God se liefde loop dwarsdeur die verhaal van Naomi en Rut. God bepaal ook mense se keuses – soos toe Rut by Boas se land uitkom om daar are op te tel. Aan die einde van Hoofstuk 2 en die begin van Hoofstuk 3 neem die verhaal ‘n dramatiese wending. Naomi vertel vir Rut dat Boas mos familie van ons is.

Ons is deel van God se familie. Hy kom langs ons staan as een wat Homself aan ons openbaar en ons sal verlos. Boas het reg om in Rut en Naomi se omstandighede in te gryp; hy kan in hulle behoeftes voorsien; hy kan hulle behandel asof hulle sy eie is. Die huwelik van Boas en Rut kom tot by die hart van hierdie konsep. As Paulus praat van die huwelik praat hy van die groot misterie tussen Jesus Christus en sy kerk – ‘n huwelik waarin God die inisiatief neem