Verlos ons van die Bose

Verlos ons van die Bose

In ‘n wêreld waar elkeen op sy regte aanspraak maak, klink die idee van nederigheid baie oud-modies en dwaas. Kan nederigheid werklik die antwoord wees op die gebed: “Verlos ons van die Bose.” Hoe kan God van ons verwag om ons regte prys te gee en nederig op te tree as daar boosheid oral om ons is?

 

Liefde vereis dat ons die armes en hulpeloses moet verdedig. Nederigheid is die Christen se reaksie in moeilike dae, want dit veroorsaak dat ons in God se arms val.

 

 “Humility is probably the least sought-after virtue in America. Mostly, it is despised,” (Eugene Peterson).Tog beteken nederigheid dat ons verstaan waarvandaan ons kom en waarheen ons met ons lewe moet gaan. Dink aan die oorsprong van die mens in Genesis – stof.  God het stof gebruik om die mens te maak

 

Hoekom is nederigheid so belangrik in ons verhouding met die wêreld en met mekaar?

 

Nederigheid is dié optrede van iemand wat gesond is – geestelik en verstandelik

Kalmte en rus is iets wat ons in hierdie wêreld nie kan beheer nie. Ons wil graag die bose in hierdie wêreld beheer, maar in ons eie krag kan ons dit nie doen nie, want die Bose is in elkeen van ons. Daarom is nederigheid noodsaaklik. Dit is die gesindheid van geloof – ons glo in iets groter as onsself. Nederigheid is ‘n oortuiging.  “Prayer is the action that builds a bridge across the chasm of self-.assertion to a life of humility.” (Peterson).

 

Om gebed en deug te verwerp is in wese ongeloof. Dit is dié optrede van ateïsme – die hart wat nie tyd het om in gebed in God te rus nie. Dit is die dwaas wat glo dat hy die lewe kan beheer. Gebed is ‘n geloofsdaad – dit laat God toe om God te wees en ons probeer nie langer om alles te beheer nie. Gebed is die beginpunt waar ons ons aan God onderwerp  om sy wil in ons te vorm Gebed volg nederigheid, maar dit vorm ook nederigheid in ons.  Miskien is daar so baie boosheid om ons en in ons harte en gedagtes as Christene, want ons het vergeet hoe om te bid.

 

Christelike deug is nie wat ons dikwels dink nie

Christelike deug is nie om te wys hoe meerderwaardig ons teenoor ander is nie of hoe indrukwekkend ons lewens in ‘n wêreld vol boosheid, is nie. Christelike nederigheid is om ons behoefte aan ons Skepper, maar ook ons Verlosser, te erken. As ons in nederige geloof bid, open ons ons lewens vir God en los ons ons pogings tot selfbeheer.. Ons lewe nou met liefde vir ander mense.

 

As ons ons nederig gebede vergeet, vergeet ons dat ons mense met behoeftes is. Voor Jesus sy dissipels die Ons Vader gebed leer, sê Hy: So moet julle dan bid. (Matteus 69 – 13).