Vertrou op die beloftes

image_pdfimage_print

There is that good word “Evangelical.” It is certainly moribund, if not already dead. Nobody any longer seems to know what it means – B. B. Warfield

Vertrou op die beloftes

Ken ons nog die beloftes wat God vir ons gegee het? Watter beloftes het Hy onlangs in my lewe vervul?

Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy (2 Korintiërs 7:1).

 

Paulus verwys hier na God se verbondsbeloftes – dat Hy met hulle sal wees en ‘n Vader vir hulle sal wees. Hier is heiligheid ‘n direkte gevolg van lewe in die lig van God se beloftes.

Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur (2 Petrus 1:4). Hier is God se beloftes in die algemeen betrokke. Wat is hulle vrugte? Die regte lewe – heiligheid.

Watter beloftes is in my hart geskryf? Waarvoor wag ek in afwagting om van God te ontvang?

Hoe leef ek in die lig van God se beloftes?

  • Ek moet weet wat God belowe het. Die Skrif is vol van sy beloftes.
  • Ons moet God se beloftes waardeer – oor hulle nadink en kyk of hulle ons denke in ‘n nuwe rigting stuur. Ons moet leef in die verwagting dat God sy beloftes gaan nakom.
  • God se beloftes moet my leefstyl beheer. Hy het beloof om altyd naby aan my te leef. Praat ek gereeld met Hom omdat ek glo dat Hy by my is? Leef ek sodat ek nie hoef skaam te wees dat Hy naby my is nie?

Geen wonder Petrus praat van God se beloftes as kosbaar en groot nie. Hernu God se beloftes my lewe?

 

 

image_pdfimage_print