Vervang die leier

image_pdfimage_print

 “God expects us to measure the church not against tradition but against the standards and promises of His Word.”  — AW Tozer

 

Vervang die leier

Wat verwag God van ‘n leier? In Jeremia 23:1 – 16 lees ons dat God nie sal huiwer om ‘n slegte leier te verwyder nie. God oordeel hulle en dan verwyder Hy hulle. Maar wat verwag God van ‘n leier? Kom ons kyk na ‘n paar eienskappe van ‘n leier wat God sal noop om hom te vervang:

 

  • Herders (= leiers) deur wie die skape uit my kudde doodgemaak word. Dit is leiers wat mense vernietig in plaas daarvan om hulle op te bou en te ontwikkel.
  • Herders deur wie die skape in my kudde … verstrooi word. Dit is leiers wat mense verdeel in plaas daarvan om hulle om ‘n saak te verenig.
  • Herders wat die kudde nie versorg nie. As die herder die kudde versorg, sal die kudde nie meer bang of verskrik wees nie. Hierdie herders aanvaar nie verantwoordelikheid vir die kudde nie.
  • Leiers wat hulle mag misbruik. Hierdie herders is onregverdig en tree in eie belang op.
  • Leiers wat leef asof daar geen God is nie. In vers 11 word hulle as godloos beskryf.
  • Leiers wat hulle mense mislei. In Jeremia se tyd het die godsdiensleiers die volk Israel mislei.
  • Leiers wat verkeerde dinge doen – selfs diegene wat verkeerd doen help om verder verkeerd te doen. Met die gevolg dat niemand hom van sy verkeerde dade bekeer nie.
  • Leiers wat vals verwagtings by hulle mense wek. Hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink, nie oor wat die Here sê nie.

 

Hier het ons ‘n instrument wat ons met vrug kan gebruik as ons leiers evalueer.

 

 

image_pdfimage_print