Vir die mense

Vir die mense

In die bergrede verwys Jesus na drie spesifieke gebiede waar ons as mense geneig is om vir die pawiljoen te speel – sodat die mense ons raaksien. Al drie, reg gebruik, is baie goeie dinge. Kom ons kyk na hulle.

 

Blaas jy jou eie basuin?

Die aandagsoekende bidder

Hoekom vas ons?

(Matteus 6:16 – 18). Natuurlik is vas nie verkeerd nie. Wat belangrik is, is hoekom jy vas.

Wat leer ons uit hierdie drie voorbeelde? As ons dinge doen om mense te beïndruk, het ons ons beloning klaar weg. Al gee jy baie vir die armes en jy basuin dit uit – maak seker dat almal sien jy offer op vir armes – het jy jou beloning weg – volledig. Wat moet ons dan doen? Ons moet deur ‘n ewigheidslens na ons optredes kyk en sien wat belangrik is en wat nie belangrik is nie. Ons moet optree asof ons weet dat God kyk.

Die beloning wat ons van mense kry, laat ons goed voel – vir ‘n kort tydjie. Dit gaan verby. Net God se belonings het ewigheidswaarde. Enigiets wat nie deur liefde gemotiveer word nie, sal nie vir ewig duur nie.