Voorspoedsteologie

image_pdfimage_print

 

“What a mean and beggarly thing it is for a man only to do his work well when he is watched. Such oversight is for boys at school and mere hirelings.” –Charles Spurgeon

 

Voorspoedsteologie

“I believe that it is anti-Christian and unholy for any Christian to live with the object of accumulating wealth. You will say, ‘Are we not to strive all we can to get all the money we can?’ You may do so. I cannot doubt but what, in so doing, you may do service to the cause of God. But what I said was that to live with the object of accumulating wealth is anti-Christian.” (Charles Spurgeon)

Hy het dit meer as ‘n eeu gelede gesê. Vandag word hierdie boodskap egter in van die grootste kerke in die wêreld verkondig. Die kern van die boodskap is dat God wil hê dat gelowiges fisies gesond, materieel ryk en persoonlik gelukkig moet wees. Verkondigers van die voorspoedsteologie moedig hulle volgelinge aan om tot God  te bid – selfs te eis – vir materiële voorspoed.

 

David W. Jones en Russell Woodbridge (Health, Wealth and Happiness: Has the Prosperity Gospel Obershadowed the Godpel of Christ) het vyf leerstellings bespreek waar die verkondigers van die voorspoedsteologie verkeerd is.

 

  1. Die verbond met Abraham

Die verbond met Abraham (Genesis 12, 15, 17, 22) is een van die teologuiese hoekstene van die voorspoedsteologie. Hulle sê dat Christene Abraham se geestelike kinders is en daarom erfgename van sy seëninge is. Dit beteken dat hulle sê dat die hoofdoel van God se verbond met Abraham was om hom materieel te seën. Om hulle aanspraak te ondersteun, gebruik hulle Galasiërs 3:14: Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. Hulle vergeet egter die tweede deel van hierdie vers: So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het.  Paulus herinner hier die Galasiërs aan die geestelike seëning van verlossing en nie van materiële seën – rykdom – nie.

 

  1. Jesus se versoening sluit ook “die sonde” van armoede in

Voorstanders van die voorspoedsteologie sê dat versoening beide fisiese genesing en finansiële voorspoed insluit. Hulle maak egter twee foute:

  • Hulle misverstaan Jesus se lewe fundamenteel. Hulle glo dat Jesus ‘n groot huis en mooi klere gedra het. Hierdie is ‘n verwronge idee van Christus se lewe.
  • Hulle interpreteer 2 Korintiërs 8:9 verkeerd: Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kan word. Lees ons hierdie vers in sy konteks sien ons dat Paulus vir die Korintiërs sê dat Christus so baie vir hulle deur die versoening gedoen het, dat hulle hulleself kan leegmaak van hulle rykdom in diens van die Verlosser. Net vyf verse verder sê Paulus: moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help.

 

  1. Christene gee om materiële beloning van God te kry

Die verkondigers is oënskynlik op die daad van gee gefikseer. Ons word aangemoedig om te gee, maar die motiewe is alles behalwe filantropies. Dit gaan oor kompensasie. Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie, of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel (Markus 10:30). In die gelykenis van die barmhartige Samaritaan leer ons dat Jesus van ons verwag om te gee sonder om iets terug te verwag.

 

  1. Geloof is ‘n selfgenererende krag wat tot voorspoed lei

Ortodokse Christene glo geloof beteken vertroue in die persoon van Jesus Christus. Die verkondigers van die voorspoedteologie glo dat geloof ‘n geestelike krag of energie is. Hulle glo nie dat geloof iets is wat God vir ons gee nie – dit is ‘n menslike geestelike krag gerig op God. Dit is ‘n Godgegewe optrede van die menslike wil.

 

  1. Gebed is ‘n instrument om God te dwing om voorspoed te gee

Julle kry nie omdat julle nie bid nie (Jakobus 4:2). Hulle glo dat ons vir persoonlike sukses op alle lewensterreine moet bid, maar dan moet ons glo dat ons alreeds gekry het dit waarvoor ons bid. God het dan geen keuse om ons gebede waar te maak nie. Die mense en nie God nie word nou die fokuspunt van ons gebede. Wat die verkondigers van die voorspoedsteologie vergeet is die deel wat volg op Jakobus 4:2: As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. God antwoord nie selfsugtige versoeke wat nie sy Naam verheerlik nie. Ons moet baie versigtig vir selfsugtige oppervlakkige gebede wees. Ons kan nie God manipuleer om te kry wat ons wil hê nie. Dit vergeet van: “Laat u wil geskied.”

 

In die lig van die Skrif is voorspoedsteologie fundamenteel vals, weens sy verkeerde siening van die verhouding tussen God en mens. As die voorspoedsteologie waar is, is genade oorbodig, God is irrelevant en die mens staan sentraal in die skepping. “God is reduced to a kind of ‘cosmic bellhop’ attending to the needs and desires of his creation.”  (James Goff) Dit is ‘n onvoldoende en onBybelse siening van die verhouding tussen God en mens.

 

 

image_pdfimage_print