Vra eers sekere vrae voor jy kritiseer

image_pdfimage_print

 

There is no idol like self. —Thomas Watson

 

Vra eers sekere vrae voor jy kritiseer

Enigeen wat tyd op die Internet spandeer, weet dat ons nie meer kritiek in ons wêreld nodig het nie. Dit is baie maklik om enigiets en enigeen te kritiseer. Ons het nie meer kritiek nodig nie, maar wel beter kritiek.

 

Daar is sekere mense wat altyd besig is om te oordeel; hulle is negatief oor alles. Ons hoef nie te veel aandag aan hulle te gee nie. Daar is ander wat regverdig kritiseer – met wysheid en insig. Hulle wil meer leer. Na hulle moet jy luister.

 

Kritiek kan dien as ‘n boublok of ‘n sloopgewig (wrecking ball). Daarom moet ons dit versigtig hanteer. Om die verskil tussen hierdie twee vorme van kritiek vas te stel, is belangrik, want kritiek kan ‘n wonderlike leermeester wees.

 

Hoe kan ons beter kritiek lewer. Hier is drie vrae wat ons onsself moet afvra voor ons kritiek lewer.

  • Gaan dit oor beter wees of reg wees?

As ons kritiseer, moet ons onthou dat kritiek nie oor ons gaan nie. Ons moet daarop fokus om die persoon of sy werk beter te maak. Dit gaan nie daaroor dat ek reg bewys moet word nie. Om kritiek te ontvang is nooit maklik nie, maar ons moet die persoon wat die kritiek ontvang in staat stel om te luister na wat ons sê.

 

  • Is dit kritiek of ‘n aanval?

Goeie kritiek word beperk tot die saak. Nooit moet ons ‘n etiket om mense plaas of hulle blameer nie. Sodra ons verder as die werk of gesindhede beweeg en ‘n ander se karakter of motiewe bevraagteken, gaan ons te ver. Dit help ook niks nie, want dit beteken die persoon wat gekritiseer word, luister nie verder nie. Moet nooit die persoon aanval nie.

 

  • Gaan dit net oor wat verkeerd is?

As ons kritiseer, moet ons ook verwys na dit wat goed gedoen is. Die slegste kritiek is kritiek wat net alles wat verkeerd is beklemtoon. Kritiek moet beklemtoon hoe ons op dit wat reeds daar is, kan bou. Kritiek is ‘n geleentheid om iemand te bemoedig om vorentoe te beweeg – te verbeter. Praat ek oor meer as net dit wat verkeerd is?

 

As ons hierdie drie vrae vra, is op pad na beter kritiek Dit beteken dat almal van ons – dié wat kritiseer en dié wat kritiek ontvang – beter daaraan toe is.

 

image_pdfimage_print