Waarhede aangaande uitreike

 

There are three stages in every great work of God: first, it is impossible, then it is difficult, then it is done. —Hudson Taylor

 

Waarhede aangaande uitreike

Daar is twee waarhede aangaande uitreike wat ons moet onthou anders gaan ons nie Jesus se goot opdrag om na al die nasies te gaan en die mense sy dissipels te maak, vervul nie (Matteus 28:20).

 

Waarheid #1: Vyandigheid

Mense is vyandig teen die evangelie. As ons met mense oor Jesus gaan praat, gaan ons seerkry. Daarom is die versoeking groot om op te hou om te getuig. Meeste Christene as hulle pas tot bekering gekom het, is entoesiasties om ander daarvan te vertel. Maar dan spot of beledig iemand jou en jy hou op om mense van jou geloof te vertel. Maar Jesus sê dit is normaal: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in (Matteus 10:16).

 

Ten spyte van hierdie vyandigheid moet ons almal getuies wees: Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe (1 Petrus 3:15). Dit lyk goed: ek vertel vir hulle die evangelie; hulle bekeer hulle; hulle bedank my omdat ek hulle van Christus vertel het.

 

Maar dit is nie waaroor 1 Petrus gaan nie. Hierdie boek gaan oor Christene wat swaarkry omdat hulle Christene is. In net die volgende vers lees ons van mense wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster. Vers 14: Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ‘n voorreg beskou.

 

Evangelisasie lei tot vyandigheid. Daar is geen tegniek wat ons kan gebruik om dit te vermy nie. Daarom as ons seerkry, moet ons nie verbaas wees en stop nie.

 

Waarheid #2: Honger

Vyandigheid is net die helfte van die storie. Daar is toenemende vyandigheid, maar ook toenemende honger. Mense begin besef dat die sekulêre manier van leef leeg is. Meer en meer mense is honger om van die evangelie te hoor. Dit was nog altyd so – Paulus het dit in Korinte uitgevind.

 

Korinte was ‘n groot handelstad. Dit was ook ‘n stad wat godsdienstige pluralisme bevorder het. Paulus was in ‘n plek wat nogal baie soos die wêreld van vandag was. Hoe voel hy? Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom.  Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees (1 Korintiërs 2:3 – 4). Paulus kon baie maklik besluit het om nie met sy evangelisasie voort te gaan nie, maar die mense wat honger vir die boodskap.

 

Paulus het besef dat sy woorde nie genoeg was nie, maar deur die kragtige werking van die Gees, het sy boodskap vrugte gedra. Soos hy vir hulle die getuienis oor God verkondig het, werk die Here deur sy Gees en mense kom tot bekering al was Paulus verwerp. God werk deur Paulus om sommige wolwe in skape te verander.

 

As ons met ‘n ongelowige oor Jesus Christus praat, weet ons nie watter reaksie ons sal kry nie. Ons moet die vyandigheid waag om die honger te ontdek. Soms sal ons, soos Paulus, vyandigheid kry. Soms sal ons, soos Paulus, honger kry. Twee waarhede – vyandigheid en honger. Hou vas aan beide as ons mekaar wil help om dissiepels vir die Here te maak.