Dwaasheid kan net smokkel

Dwaasheid kan net smokkel

Dwaasheid is soos ‘’n vrou …  Sy sit by haar voordeur, haar stoel staan op die hoogste plek in die stad en sy roep na dié wat verbykom, elkeen besig om sy gang te gaan: Draai af hiernatoe, almal wat nog onervare is!  Sy sê vir dié wat kennis kortkom: “Gesteelde water is soet, kos wat stilletjies geëet word. Is lekker!” (Spreuke 9:13 – 17)

Soos wysheid voorsien Dwaasheid ook kos in haar huis, maar die kos is gesteel. Dwaasheid en sonde is altyd parasities van dit wat God goed gemaak het. Dwaasheid neem dit wat goed is en vernietig die goeie deur hulle uit hulle regte plek in die samehang van dinge te ruk. Dwaasheid het nie haar huis gebou nie, sy het dit gesteel.

Bie jongmense is nie godsdienstig nie en relativisties. Hulle dring daarop aan dat elke persoon die reg het om sy eie morele waardes te skep – niemand kan hulle vertel hoe om te leef nie. Hulle het diep morele oortuigings teen rassisme en seksisme wat hulle glo vir almal geld. Hierdie morele waardes het geen sin as daar nie ‘’n God is nie en as alle moraliteit kultureel relatief is. In Wysheid se feesmaal het jy alles wat ‘’n mens wil hê: betekenis, tevredenheid, vryheid, identiteit en hoop. Hulle vloei natuurlik uit jou verhouding met God.

Ons het almal vriende wat nie in God glo nie, maar intens in menseregte en in die belang van hulpverlening aan die onderdruktes glo.  Hulle sien nie dat dit gesteel is nie. Help my om ‘’n manier te vind daarom aan hulle te verduidelik sonder om aanstoot te gee. Open hulle harte sodat hulle die noodsaaklikheid kan insien dat hulle U nodig het.