Wanneer is Petrus bekeer?

 

Wanneer is Petrus bekeer?

Scot McKnight het ‘n baie interessante bespreking hieroor gehad. Hy begin deur na die bewyse te kyk:

 

Andreas, Petrus se broer, sê vir hom dat hulle die Messias gekry het: Hy het hom na Jesus toe gebring. Net daar sê Jesus vir Petrus dat hy nou Sefas genoem gaan word.

Petrus, die visserman, word deur Jesus aangesê om die nette uit te gooi nadat hulle die hele nag niks gevang het nie. Hulle vang so baie vis dat die nette wou skeur. Petrus val op sy knieë voor Jesus en vra Jesus om weg te gaan, want ek is ‘n sondige mens.

Jesus wil by sy dissipels weet wie hulle sê Hy is. Petrus antwoord: U is die Christus. Net daarna berispe Petrus vir Jesus omdat Hy gesê het dat Hy doodgemaak gaan/moet word.

Drie maal vra Jesus vir Petrus of hy Hom liefhet. Drie maal sê Petrus ja. Petrus se verloëning word ongedaan gemaak en hy is weer op die spoor.

Petrus is saam met die ander gelowiges met die Heilige Gees vervul. Net daarna hou hy ‘n toespraak voor die skare mense.

Petrus ontdek dat die evangelie vir alle mense is – ook onrein heidene soos Kornelius.

Wanneer is Petrus bekeer? Toe hy Jesus die eerste maal ontmoet het? Toe hy sy sonde bely het? Toe hy bely het dat Jesus die Messias is? Toe hy die Heilige Gees ontvang het? So kan ons voortgaan. Onderliggend aan hierdie vrae is daar ‘n aanname: Daar kom ‘n tyd wanneer God sê jy is nou reg!

Is dit korrek? Hy stel dan die volgende voor:

Petrus begin ‘n verhouding met Jesus in Johannes 1 en hierdie verhouding groei progressief. Hy het voortgegaan om Jesus lief te hê en toe hierdie liefde probleme in Markus 14 ondervind, word dit in Johannes 21 reggestel.

Mc Knight sê dat as hy gedwing word om te sê wanneer Petrus bekeer is, sal hy moet antwoord dat hy nie weet nie – en hy dink nie dit is vreeslik belangrik nie