Ware gemeenskap (3)

 

God gave us the gift of life; it is up to us to give ourselves the gift of living well.”—Voltaire

 

Ware gemeenskap (3)

Gordon MacDonald het ‘n aantal artikels oor gemeenskap geskryf. Ons gaan ‘n paar blogs daaraan spandeer.

 

Hy bespreek nou verskillende idees oor wat die Christelike gemeenskap onderskei.

  1. Christelike gemeenskap vind plaas as twee of meer mense ‘n verbond betree om saam hulle lewens om Jesus Christus te organiseer, sy karakter na te boots en dan agente vir ‘n aspek van sy sending word.

Ware gemeenskap begin eers as ons ons doelbewus verbind met ander wat soos ons  voel om Jesus te volg en te dien en die fokuspunt van ons verhouding te maak. Dit is deurdink; die implikasies is ondersoek en aanvaar; die verhouding word die hoogste prioriteit in ons lewens. Dit is ‘n verhouding wat nie maklik ontbind kan word nie.

 

  1. Christelike gemeenskap is ‘n heilige verhouding

Christus is teenwoordig as mense in sy Naam aan mekaar verbind. Dink net aan die gehalte in ‘n kleingroepie as almal dink dat Christus daar teenwoordig is. Ons vreugde is meer; ons gee meer om vir mekaar; om mekaar te eer en nie af te breek nie, word ons prioriteit. Heilig beteken ons gedra ons op ‘n manier wat verenigbaar met sy teenwoordigheid is.

 

  1. Die Christelike gemeenskap is ‘n gesamentlike uitdrukking van goddelikheid

Goddelik is ‘n woord wat ons intimideer. Wie van ons ken iemand wat ons as heilig of goddelik sal beskryf? Kan enige persoon in hierdie lewe werklik goddelik en heilig wees? Ons weet nie, maar goddelikheid en heiligheid kan deur ‘n groep bereik word. Werklik? Saam dra elkeen in daardie gemeenskap ‘n aspek van goddelikheid in die byeenkoms in. Saam het ons dus ‘n aansienlike deel van die natuur van God.

 

Paulus skryf vir die Kolossense (3:12): Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle… Dan noem hy ‘n hele reeks Christelike deugde soos meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam. Niemand kan ten volle aan die eise van al hierdie deugde voldoen nie, maar soos musikante in ‘n orkes saam wonderlike musiek kan maak, kan ons ‘n blik op goddelikheid kry.

 

  1. In ‘n Christelike gemeenskap groei mense na Christelike volwassenheid

Geen geestelike groei nie? Geen verbetering in my persoonlike verhoudings nie? niks meer deernis en vrygewigheid nie? Ek mag deel van ‘n groep wees, maar nie van ‘n Christelike gemeenskap nie. ‘n Christelike gemeenskap stel veral in die soeke na Christelike volwassenheid belang.

 

  1. Die Christelike gemeenskap word deur “alles in” deelname gekenmerk

Die 80/20 reël geld ook in die kerk; 20% van die mense doen 80% van die bediening. Dit pas glad nie in by ‘n Christelike gemeenskap nie. Mense verwag meer as hulle hulle toewy aan so ‘n gemeenskap. Jy soek nie ‘n paar spelers op die veld en die pawiljoene vol toeskuers nie. Gemeenskap gebeur net as daar wedersydse toewyding is – niemand bly stil nie; almal neem deel

 

In Life Together, skryf Bonhoeffer: “But if there is so much blessing and joy even in a single encounter of brother with brother, how inexhaustible are the riches that open up for those who by God’s will are privileged to live in the daily fellowship of life with other Christians. It is true, of course, that what is an unspeakable gift of God for the lonely individual is easily disregarded and trodden under foot by those who have the gift every day. It is easily forgotten that the fellowship of Christian brethren is a gift of grace, a gift of the Kingdom of God that any day may be taken from us, that the time that still separates us from utter loneliness may be brief indeed. Therefore, let him who until now has had the privilege of living a common Christian life with other Christians raise God’s grace from the bottom of his heart. Let him thank God on his knees and declare: it is grace, nothing but grace, that we are allowed to live in community with Christian brethren.”

 

Ons gaan volgende keer na verdere idees oor die Christelike gemeenskap kyk.