Wat is die regte manier om vir God te werk?

image_pdfimage_print

The entrance exam for Christianity is admitting you are a failure –  J. R. Briggs

 

Wat is die regte manier om vir God te werk?

Jesus verwag dat sy volgelinge aktief in sy koninkryk sal werk. Verlossing beteken nie dat ek iets vir God doen nie; verlossing beteken dat ek weet wat God vir my gedoen het.

 

Wat is ek veronderstel om vir God te doen? Waar begin ek?

 

  • Begin met die behoeftes reg voor jou. Jesus prys die Goeie Samaritaan, want hy het ‘n behoefte gesien en dit hanteer. Daarenteen veroordeel Hy die priester en die Leviet, want hulle het die behoefte voor hulle gesien, maar dit geïgnoreer – hulle voel hulleself “geroepe” vir hoër dinge. As daar ‘n behoefte is wat jy kan hanteer … doen dit.
  • Evalueer hoe jou talente in God se koninkryk gebruik kan word.
  • Vra wat jou gemeente doen waarmee jy kan help.
  • Oorweeg of daar ‘n passie of belangstelling besig is om in jou te groei. Het jy dalk ‘n droom? Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg (Psalm 37:4 – 5).
  • Luister na wat ander gelowiges oor jou gawes sê. Hulle mag ‘n gebied raaksien waar jy besonder sterk is.
  • Wees ontvanklik vir die leiding van die HG.

Hierdie paar eenvoudige riglyne mag ons help om ons plek in God se doel vir die mensdom te identifiseer.

image_pdfimage_print