Wat moet jy sê voor jy ‘n woord sê?

image_pdfimage_print

There is no failure except in no longer trying.” – Chris Bradford

 

Wat moet jy sê voor jy ‘n woord sê?

‘n Gebied waar gesindheid ‘n belangrike rol speel, is kommunikasie. Daar is een boodskap wat oorgedra word aan ander voordat jy nog ‘n woord gesê het: Jou gesindheid.

 

John Maxwell noem twee eienskappe van gesindheid wat baie belangrik is.

 

  1. Gesindheid is meer as woorde

Natuurlik kan gesindheid met woorde oorgedra word – almal kan woorde gebruik wat ander aanmoedig. Maar voor ons nog iets kan sê, kommunikeer ons innerlike gesindheid reeds iets en hierdie boodskap is harder as die woorde wat jy sê. Hoe gebeur dit? Deur liggaamstaal en gesigsuitdrukkings. En mense ontvang jou boodskap hard en duidelik.

 

  1. Gesindhede begin altyd binne

Daar is baie oppervlakkige verandering wat mense vir ‘n kort tydjie mag beïndruk’. Jou innerlike gesindheid sal egter gou deurbreek. Gesindheid is ‘n keuse. Om ‘n positiewe gesindheid te kies, is nie altyd maklik nie. Daarom laat ons dikwels maar ons negatiewe gesindheid oorneem. Dit sal egter baie gou uitwendig gesien word. Dit sal ‘n invloed op jou interaksie met ander hê.

 

‘n Raadgewer van President Linvoln het ‘n spesifieke kandidaat vir ‘n kabinetspos aanbeveel.

Lincoln: ‘Nee, ek hou nie van sy gesig nie,”

Raadgewer: “Maar Meneer, hy is tog nie verantwoordelik vir sy gesig nie.”

Lincoln: “Elke mens ouer as 40 jaar is verantwoordelik vir sy gesig.”

Lincoln se waarheid geld steeds. Jy kies jou boodskap as jy jou gesindheid kies. As jy ‘n positiewe gesindheid kies, is jou optrede meer waarskynlik ook positief. Die boodskap wat mense glo, is die een wat jy in jou hart kies en op jou gesig dra.

 

image_pdfimage_print