Watter status het die Bybel?

image_pdfimage_print

 

He who crowned the heavens with stars was Himself crowned with thorns. —Thomas Watson

Watter status het die Bybel?

Die Bybel is God se woord; wat die Bybel sê, is dit wat God sê. Nie almal stem hiermee saam nie. Jesus self het van die gesag van die Skrif getuig:

  • Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as wat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is (Matteus 5:18).
  • Wat daar geskrywe staan, kan nie verander word nie (Johannes 10:35).

Vraag: Kan ons die Bybel gebruik om die karakter van argumente en logika te verstaan? Vandag vertrou ons niks meer nie. Alles, ook dit wat in die Bybel staan, moet krities gesif word. Mense is vandag nie eers meer seker of God werklik bestaan nie.

As ons spesifieke argumente ontleed, het ons in die agtergrond sekere beginsels of idees oor die ontleding van argumente – al is ons nie altyd daarvan bewus nie. Daar is twee radikaal verskillende maniere om logika te verstaan:

  • Die outonome manier – dit is die moderne manier waar die mens op sy eie vermoëns vertrou om ‘n argument te verstaan. Menslike oordeel is die standaard vir oordeel.
  • Die Christelike manier – ons luister onderdanig na die onderrig van Jesus Christus, die Skepper en Heer van die heelal. Nou stel jy jou ondergeskik aan God se openbaring.

Mense mag natuurlik aanspraak maak op ‘n spesiale openbaring van God wat vals is. Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders en met gruwelike misleiding van dié wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie. Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee sodat hulle die leuen sal glo. En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word (2 Tessalonisense 2:9 – 12). Ware openbaring, daarteenoor, kry ons in die Bybel.

Elke mens moet dus besluit wat hy oor God, Jesus Christus  en die Bybel dink en glo. Gaan ons die Bybelse onderrig aanvaar as die riglyn waarvolgens ons argumente beoordeel? In hierdie proses staan niemand neutraal teenoor die Bybel nie. Almal van ons is van nature opstandig teenoor God en wil ons nie aan Hom onderwerp nie. Die probleem is nie die getuienis wat in die Bybel aangebied word nie, maar die sondige natuur van ons wat die Bybel lees. Ons wil die Bybel beoordeel; ons wil in beheer van ons lewe bly.

 

 

image_pdfimage_print