Wie moet evangeliseer?

image_pdfimage_print

 

Everything is needful that he sends. Nothing can be needful that he withholds – John Newton.

 

Wie moet evangeliseer?

Sommige mense het die gawe van evangelisasie (Efesiërs 4:11).  In Handelinge 4:29 bid Petrus: Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig.  Geld dit net vir professionele mense? Is ons plig as lidmate net om mense na die byeenkomste uit te nooi? In Romeine 1:14 – 15 sê Paulus: Ek staan onder ‘n verpligting … en vandaar my  begeerte om ook aan julle in Rome die evangelie te verkondig. Geld dit net vir Paulus? Dit geld vir Paulus, maar ook vir alle gelowiges. Jesus self sê in Matteus 28:18 – 20: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

 

Hierdie opdrag geld vir elke lid van die kerk – elke Christen moet getuig in die omgewing waarin God hom geplaas het. In Handelinge 2 word die Heilige Gees uitgestort op alle gelowiges. Die vroeë Christene is gemartel, maar verkondig steeds die goeie nuus.

 

Wat was Jesus Christus  se bedoeling met die kerk? Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim (Efesiërs 3:10). Elke persoon moet die evangelie sigbaar  maak. Hoe? Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak (Johannes 1:18).

 

Almal kan bydra tot evangelisasie deur die plaaslike gemeente op te bou. Almal het ook verantwoordelikheid om goeie nuus buite die gemeente uit te dra, Kerke moet seker maak ons ken die goeie nuus en dat ons dit duidelik kan verwoord. Dit is elkeen van ons se plig.

 

 

image_pdfimage_print