Wonders: Die eerste verwarring: natuur of geloof

 

A little knowledge is a lot of ignorance – Jim West

Wonders: Die eerste verwarring: natuur of geloof

Is geloof ‘n godsdienstige woord? Per definisie beteken geloof om te glo waar daar geen bewyse is nie Maar ateïsme is net so ‘n geloofsisteem soos teïsme. Hulle glo die heelal is die uiteindelike werklikheid, terwyl teïsme glo dat God die uiteindelike werklikheid is – albei glo in iets. Die werklike vraag is: Watter bewyse is daar vir die waarheid van enige van die twee?

 

Mite: Geloof is nie op bewyse gebaseer nie. Die geloof waarvan die ateïste praat is “blinde geloof.” Almal sal erken dat dit gevaarlik is. Maar geloof is nie blind nie – dit is vertroue.  Ons gaan nie mense vertrou as daar nie bewyse is om dit te doen nie. Die Christelike geloof is op bewyse gebaseer. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê (Johannes 20:31). Johannes sê in werklikheid: “Hier is die bewyse wat ek bymekaar gemaak het om te dien as basis vir julle vertroue, vir julle geloof.”

Maar: Wat dan van die wetenskap?  Hier het ons met nog ‘n mite te doen: geloof en wetenskap is geskiedkundige vyande? Luister na C. S. Lewis: Men became scientific because they expected law in nature, and they expected law in nature because they believed in a law giver. Die pioniers van die wetenskap – Galileo, Kepler, Newton, ens – was almal gelowiges. Die grondleggers van die moderne wetenskap was almal gelowiges. Dit is belangrik, want dit sê vir ons dat geloof in God en die wetenskap nie aan die begin vyande was nie.

Wat het dan gebeur? Die mite dat wetenskap die enigste pad na die waarheid is. What science cannot tell us, mankind cannot know (Bertrand Russell). Met ander woorde: in ons soeke na die waarheid speel geloof geen rol nie – al wat tel, is die wetenskap. Maar nou kom Nobel-pryswenner, Sir Peter Medawar, en sê: It’s so easy to see the limits of science. It cannot answer the questions of a child: Where am I coming from? What is the meaning of life? Where am I going to. As ons hierdie vrae wil antwoord, moet ons buite die wetenskap gaan.Die waarheid is groter as die wetenskap. You can speak of the ethical foundation of science, but you cannot speak of the scientific foundations of ethics (Einstein). Daar is ruimtes waar die wetenskap nie kan gaan nie. Geloof en die wetenskap is nie vyande nie.

Volgende keer gaan ons na die aard van verduidelings kyk.