Woorde uit die Bybel – Geloof (3)

Woorde uit die Bybel – Geloof (3)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

Hoekom kan ons net deur geloof verlos word? Christus is ons Verlosser. Geloof beteken dat ek na Christus kom. Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort (Romeine 8:1). Ons is ook kinders, en dus erfgename, van God: Almal wat hulle deur die Heilige Gees laat lei, is kinders van God (Romeine 8:14). Maar die Heilige Gees gaan verder: Verder is dit ook Hy wat nou ‘n diep verlange na God in julle binneste wakker maak. Die Gees roep voortdurend in julle binneste uit: “Vader, liefdevolle Vader!” Hy sorg dat daar ‘n onbreekbare band tussen God en julle is (Romeine 8:15). Dit alles beteken dat Christus voldoende is as ons Verlosser – ons het niks meer nodig nie. Toe die tronkhoof in Filippi vir Paulus vra wat hy moet doen om in die regte verhouding met God te kom, antwoord Paulus hom: Glo in die Here Jesus … Dan sal God jou red en as sy kind aanvaar (Handelinge 16:31).

Hoe lyk ‘n lewe van geloof? Daarna kyk ons volgende keer.