Woorde uit die Bybel – Heiligheid (3)

image_pdfimage_print

We stand in the present but dwell on the past in order that we can be steadfast for the future. —Dale Ralph Davis

 

Woorde uit die Bybel – Heiligheid (3)

When I use a word it means just what I choose it to mean – neither more nor less – Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 Hierdie gawe wat God van sy kinders vereis, is ‘n gawe van God af. God en God alleen het dit vir ons moontlik gemaak om Christus Jesus te leer ken … deur Hom word ons saak met God reggemaak, word ons mense wat geheel en al net vir God leef. Ja, Hy is die Een deur wie God ons sy vriende maak (1 Korintiërs 1:30);  Maar julle lewe het verander – God het die sondes soos vuilgoed van julle afgewas; Hy het julle spesiaal net Syne gemaak. Julle saak met God is nou heeltemal reg. Daarvoor het die Here Jesus Christus self gesorg saam met die Gees van ons God (1 Korintiërs 6:11).

 Hierdie gawe van heiligheid het twee aspekte:

  • ‘n Verhoudingsaspek. Die verhouding tussen God en sondaars word herstel: Deur daardie een offer van Hom het Hy alles honderd persent by God reggemaak vir elkeen wat God spesiaal Syne gemaak het (Hebreërs 10:14). Hierdie is ‘n voorreg wat die Christen na sy bekering geniet: Dit is die mense wat aan God behoort omdat hulle Jesus Christus ken. God het hulle geroep om net vir Hom te leef (1 Korintiërs 1:2).
  • Progressie. Die Heilige Gees werk in die gelowige dwarsdeur sy hele lewe. Net so moet julle altyd die skoon, geestelike melk wil hê. Dit sal julle geestelik groot en sterk laat word as mense wat God s’n is (1 Petrus 2:2); En moet nooit ophou om meer en meer oor Hom te leer nie (2 Petrus 3:18).

 Het die mens dan enige rol te speel in die proses van heiligmaking? Beslis: Toe jy ‘n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het ‘n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef (1 Timoteus 6:12)

image_pdfimage_print

You may also like...