Die hemelse Hof

Die hemelse Hof – Marius Nel

Willie Esterhuizen vra

 

My vraag handel oor Job 1:6. Die hemelwesens het voor God verskyn en dit blyk die grondtaal verwys na hemelwesens ook as seuns van God . Maar satan staan tussen hulle . My vrae is 1. Het Satan dan toegang tot die hemel gehad gedurende die tyd van die aardsvaders? 2.Hoekom het God hoegenaamd met hom gepraat?

 

Antwoord

Prof Marius Nel antwoord:

Die antwoord op die vraag word bepaal deur hoe ‘n mens na die tekening van die hemelse hof kyk. Die antieke mens het die hof beskou as ‘n troonkamer soos op aarde, waar verteenwoordigers voor die koning saamkom asook amptenare wat die besluite van die koning uitvoer. Een van die amptenare in die hemelse hof, volgens die Jobskrywer, is die aanklaer, die een wat regverdiges se swak punte voor die Regter bring. Hasatan beteken letterlik “die teenstander.” Let op dat die lidwoord gebruik word sodat die verwysing nie na Satan (as ‘n eienaam) is nie. En in die tekening het die teenstander of aanklaer toegang tot die troon van God. Wat die verband tussen diĆ© figuur en Satan in die Nuwe Testament is, is nie duidelik uit die Jobboek nie.

 

Skrywer:  Prof Marius Nel