Vraag: Lesbenisme – Johann Voges

‘n Leser vra

Goeie more, ek lees tans die Bybel in praktyk.

Ek lees in Genesis 46:18 Dit is die seuns wat Sipla vir Jakob in die wereld gebring het. Laban het haar vir vir sy dogter Lea gegee. Ook in vers 25 lees ek …….Laban het haar vir sy dogter Ragel gegee. Die ander vertalings is egter heeltemal anders. Ek verstaan nie hoekom hulle melding maak dat n vroulike persoon aan n ander vroulike persoon gegee word nie.
Kan dit asseblief vir my verduidelik eerstens hoekom die vertalings so verskil en tweedens wat hier gese word.
Omdat ek in n huis bly waar lesbenisme aan die orde van die dag is val die tipe goed my op. Dankie

Antwoord

Dr Johann Voges antwoord,

Die gedeeltes waarna jy verwys het niks te doen met enige ‘seksuele oreientering van wie ookal nie … in beide teksverse (18 en 25) word vertel van hoedat Laban vir elkeen van sy dogters ‘n slavin gegee het en hoe beide Lea en Ragel hierdie slavinne vir Jakob, hulle man gee om kinders by hulle te verwek.

Ek stem saam met jou dat Bybelvertalings hiervan nogal misleidend kan wees …

In die Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel in 2020 is hierdie twee teksverse egter korrek vertaal soos wat dit in die Hebreeuse teks voorkom …

Die seuns van Beria was Geber en Malkiël.

18Dit is die sestien afstammelinge wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Silpa vir sy dogter Lea as slavin gegee.

 

25Dit is die sewe seuns en kleinseuns wat Bilha vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Bilha vir sy dogter Ragel as slavin gegee.

 

Die Engelse Message vertaling (MSG) van 1993 het dit ook korrek vertaal…

18 These are the children that Zilpah, the maid that Laban gave to his daughter Leah, bore to Jacob—sixteen of them.

25 These are the children born to Jacob through Bilhah, the maid Laban had given to his daughter Rachel—seven.

 

As jy wil kan jy ook hierdie twee artikels lees wat so ‘n iets meer sê oor die twee teksverse in Genesis 46

  1. https://www.videobible.com/meaning/genesis-46-18

2.     https://www.videobible.com/meaning/genesis-46-25

Skrywer: Dr Johann Voges

 




Vraag oor Goedertierenheid – Johann Voges

‘n Leser vra:

Boodskap Teks:
1) Hoeveel keer kom die woord “Goedertierenheid” in die Bybel voor?
2) Wat is die boodskap van God se Goedertierenheid?

Antwoord

Dr Johann Voges ant woord:

Die woord “goedertierenheid” is ‘n leenwoord uit ‘middel Nederlands” wat veral in die ouer Afikaanse Bybelvertalings gebruik is (1933 en 1953 vertalings) … ‘n woord wat nie meer baie in vandag se praat Afrikaans gebruik word nie en ook nie meer in die nuwere Afrikaanse Bybelvertalings gebruik is nie.

 

Oor die boodskap van “goedertierenheid” lees gerus die artikel wat GD Cloete geskryf het in https://ecke.co.za/goedertierenheid/ asook oor die betekenis van die woord in die artikel  in https://gesellig.co.za/t/40278-goedertierenheid/

 

Oor hoeveel keer dit in die Bybel gebruik word, is iets wat ‘n mens miskien in ou konkordansies sal kry.

Skrywer: Dr Johann Voges




Vraag: Die slaaf se regteroor is afgekap… – Johann Voges

‘n Leser vra:

Die slaaf se regteroor is afgekap. Kan mens ‘n simboliese betekenis aan die feit koppel dat dit ‘n “oor” was? Daarom beteken dit dat oorhaastige optrede maak dat die aanhoorder nie gaan hoor wat jy sê nie? Mens vind dit dikwels in die praktyk, wanneer jy iemand direk “aanval” luister die persoon nie wat jy sê nie? Selfs Jesus se gevangeneming, was vir Hom ‘n geleentheid om ‘n leering te illustreer? Heg ek teveel daaraan dat dit ‘n “oor” was en nie ‘n vinger of ander liggaamsdeel nie?

Antwoord

Wat jy sê “dat oorhaastige optrede maak dat die aanhoorder nie gaan hoor wat jy sê nie”, is heeltemaal waar, maar om dit te wil inlees of aflei van wat Johannes vir ons oor die Petrus / Malgus insident vertel, trek ons ʼn streep deur wat Johannes daarmee wou sê (ons noem dit ‘allegorisering’ waar ek my eie idee en siening inlees ten koste van die oorspronklike bedoeling van wat die skrywer daarmee bedoel het). Johannes wou eerder vertel hoe Jesus kies om die kruispad te loop (dis waaroor sy gebed in Getsemane gaan), maar dan nie omdat Hy skuldig bevind is vir godslastering (volgens die sanhedrin se verhoor hierna nie) of vir die mishandeling van ʼn hoëpriester amptenaar wat beseer is as gevolg van een van sy dissipels se impulsiwiteit nie, maar omdat Hy weet, hoe onverstaanbaar ookal, dan die ‘kruispad’ dit die enigste manier is om mense se verhouding met God weer herstel te kry.

Vir verder lees hieroor, stel ek voor dat jy in ons webtuiste (bybelkennis.co.za) se soekfunksie intik “Malgus” en jy gaan daarin die volgende artikels kry wat jou vraag meer volledig gaan antwoord…

1. Moenie die Here op die verkeerde manier help nie. – Jan van der Watt

2. Die Evangelie volgens Lukas: Jesus word gearresteer (Luk 22:47-53) – Francois Malan

Skrywer:  Dr Johann Voges

 




Vraag: Wie het uit die venster geval… – Johann Voges

‘n Leser vra

Wie het uit die venster geval ; Eutigus of Neanias

Antwoord

Dr Johann Voges antwoord:

Die aanhaling wat ek vir jou hier weergee, is soos wat die in die Boodskap 2008 vertaling Handelinge 20:9 – 12 vertaal

9’n Jongman met die naam Eutigus het op een van die vensterbanke by ’n oop venster gesit. Later het hy vaak geword en aan die slaap geraak. Toe val hy by die venster uit. Toe die mense by hom kom, was hy reeds dood. 10Paulus het toe bo-oor Eutigus gekniel en sy arms om hom gesit. “Hou op om so tekere te gaan,” het hy vir die ontstelde gelowiges gesê. “Daar is nog lewe in hom.” Paulus het daarna teruggegaan na die kamer waar die gelowiges was. Eutigus ook! Almal het toe saamgeëet. 11Daarna het Paulus tot dagbreek oor Jesus gepraat. 12Eers toe die son begin opkom, is almal huis toe, Eutigus ook. Al die ander gelowiges was baie bly daaroor.

 Oor die woord “neanias” … dis die Griekse woord wat ons in Afrikaans vertaal met “jongman” … die Griekse woord kom ook voor in…

Handelinge  7:58… Hulle het ’n jongman (Griekse woord ‘neanias’) met die naam Saulus gevra om hulle klere op te pas.

Handelinge 20:9 … ‘n Jongman (Griekse woord ‘neanias’)  met die naam Eutigus het op een van die vensterbanke by ’n oop venster gesit

Handelinge 23:17 … “U moet hierdie jongman (Griekse woord ‘neanias’) asseblief dadelik na die bevelvoerder toe neem. Hy het iets belangriks om vir hom te sê.”

 

Skrywer: Dr Johann Voges