Die Ramshoring

Die Ramshoring – Marius Nel

Kotie vra:

Wat was/is die waarde van die ramshoring in die ou tyd gewees. Hoe is/moet n persoon wees/word om simbolies met die ramshoring vergelyk te word. As die stelling sou wees word/wees soos die ramshoring en nie die trompet nie.

Antwoord:

Dr Marius Nel antwoord:

Die ramshoring is van vroeg af gebruik om die volk vir oorlog op te roep. Later is dit ook in die heiligdom aangewend om aan te kondig wanneer die groot offer gebring is. Die ramshoring kom saam met die antieke mens uit die Bronstydperk. In die Ystertydperk is die trompet ontwikkel, en die tempel is in dié tyd gebou. Daarom het die trompet in die tempel ‘n rol gespeel, teenoor die ramshoring in die tent van ontmoeting of tabernakel. Die Ou Testament speel nie die ramshoring en trompet teen mekaar af nie en mense word ook nie daarmee vergelyk nie. En wanneer ons as moderne mense sulke vergelykings maak, moet ons erken dat dit meer met ons eie vindingrykheid as met Bybelse gegewens te make het.

 

Outeur: Dr Marius Nel