Hebreeus – Johann Voges
‘n Leser vra oor Hebreeus
Antwoord
Dr Johann Voges antwoord,
Die vraag wat jy vra het te make met die destydse sogenaamde “gematria” waar letters van die alfabet ook getalwaardes aan gekoppel is. Dit was populêr onder die Jode sowel as die Grieke en Romeine wat Hebreeus, Grieks en Latyn gepraat het. So het byvoorbeeld die eerste nege letters van die alfabet 1 tot 9 as getal waarde gehad, die volgende nege letters die getal 10 tot 90 ens. So het elke naam dan ook ‘n getalwaarde gekry, en veral die Joodse rabbi’s het interessante verbintenisse en afleidings gemaak van woorde wat dieselfde numeriese getalwaarde gehad het. Graffiti wat gevind is teen ‘n muur in Pompeji (wat in 79 nC deur die uitbarsting van Vesuvius vernietig is) sê byvoorbeeld … “Ek bemin haar wie se naam 545 is”. (As jy meer oor hierdie gematria wil lees, kan jy gerus in Jan du Rand se kommentaar oor “Die A-Z van Openbaring daaroor gaan lees op bladsy 107-108 & 431-434).
Hoewel gematria historiese betekenis in Joodse en mistieke tradisies het, is dit nie ‘n praktyk wat deur die Bybel beklemtoon of onderskryf word vir die verstaan daarvan nie. Christene word aangemoedig om die betekenis van uitleg van die Bybel in sy konteks (konteks van die skrywer, die konteks vir wie geskryf is en in die konteks van die leser van die Bybel) eerder te probeer verstaan as om dit met numerologie te probeer doen.
Interessante artikels in hierdie verband is …
- Gematria – wikipedia (https://en.wikipedia.org/wiki/Gematria)
- What Is Gematria? – Mordechai Rubin (https://www.chabad.org/library/article_cdo/aid/5541252/jewish/What-Is-Gematria.htm)
- Shimini – Hebreeuse Woord – Dylan Smith (https://sermons.logos.com/sermons/1497992-shimini-hebreeuse-woord)
- Bijbeluitleg door getallensymboliek en getalswaarde van letters – Ds. H. D. Rietveld (https://www.refoweb.nl/vragenrubriek/28457/bijbeluitleg-door-getallensymboliek-en-getalswaarde-van-letters/)
- What Is Gematria and Should Christians Use It? – Mike Leake (https://www.biblestudytools.com/bible-study/topical-studies/what-is-gematria-and-should-christians-use-it.html)
- How Should Christians View Gematria? – (https://godwords.org/how-should-christians-view-gematria/)
- Tipologie – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/tipologie/)
- Hoe lees ek Openbaring? – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/11580-2/)
- Die betekenis van getalle in drome – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/die-betekenis-van-getalle-in-drome-hermie-van-zyl/)
- Die Openbaring aan Johannes – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-openbaring-aan-johannes-francois-malan/)
Skrywer: Dr Johann Voges