Ewige Lewe? – Johann Voges

‘n Leser vra

Ek wil graag weet wat spesifiek hierdie “gehoorsaamheid” behels in (Joh 3:36) Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

Want ander skrifgedeeltes wat die ewige lewe beklemtoon of verseker praat net oor die feit dat ‘n mens moet glo in die Naam van die Seun van God en dit is die Here Jesus Christus. En as ons in Hom glo dan het ons die ewige lewe (Joh 3:15, Joh 20:31, 1Joh 5: 11-13 & 20)

Antwoord

Dr Johann Voges antwoord

Om oor wat lewe rêrig is iets gesê te kry, is netso moeilik as om te probeer verduidelik wat liefde en sonde rêrig is. Al drie het dié een ding in gemeen, dis iets wat ons almal het om iets mee gedoen of nie gedoen te probeer kry nie, maar almal sukkel om dit verstaanbaar te kan verduidelik. Wat die gesprek oor lewe kompleks maak, is nie net die misterie van die dradewerk daarvan nie, maar ook die manier hoe verskillende vakdissiplines, wat vrae hieroor geantwoord probeer kry, by mekaar verbypraat. Die biologiese / psigologiese / teologiese / filosofiese manier van na lewe kyk, het elkeen ’n eie antwood op die dieselfde vrae

Wat is lewe

Waar begin lewe… kom lewe vandaan

Wanneer hou dit op… of verander dit net

Wat is ewigdurende lewe (onsterflikheid)

Is ewige lewe iets anders as onsterflikheid

 

Gaan ook na ons webtuiste (www.bybelkennis.co.za) en tik by die soekfunksie in “lewe” en jy sal die volgende artikels daarin kry, wat jou vraag verder sal antwoord…

  1. Die ewige lewe is om in die liefde van God te lewe (Johannes 14:20-25) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-ewige-lewe-is-om-in-die-liefde-van-god-te-lewe-14-20-25/)
  2. Geloofsvrae: Die ewige lewe op die nuwe aarde – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/geloofsvrae-die-ewige-lewe-op-die-nuwe-aarde/)
  3. Genesis 6:1-4 – Die mens se soeke na die ewige lewe – Gustav Claassen (https://www.bybelkennis.co.za/genesis-61-4-die-mens-se-soeke-na-die-ewige-lewe/)
  4. Die ewige lewe – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-ewige-lewe/)
  5. Die Groot Geloofswoordeboek: Ewige lewe – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/die-groot-geloofswoordeboek-ewige-lewe/)
  6. Die boom van die lewe – Marius Nel (https://www.bybelkennis.co.za/die-boom-van-die-lewe-marius-nel/)
  7. Mense wat nooit van God gehoor het nie… gaan hulle dan verlore? – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/mense-wat-nooit-van-god-gehoor-het-nie-gaan-hulle-dan-verlore/)
  8.  Bekering – Prof Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/bekering-prof-hermie-van-zyl/)

Skrywer:  Dr Johann Voges




Gehoorsaamheid en Genade

“Men invent new ideals because they dare not attempt old ideals. They look forward with enthusiasm, because they are afraid to look back.” – G. K. Chesterton

Gehoorsaamheid en Genade

Tim Keller het by The Gospel Coalition’s Women’s Conference hieroor gepraat. Hy glo dat die volgorde belangrik is. God het nie vir die Israeliete die wet – die tien gebooie – gegee en gevra dat hulle moet sê dat hulle alles sal doen wat die wet sê nie. Daarna sê Hy nie: “Goed, nou sal Ek julle uit Egipte lei en julle van slawerny verlos,” nie. God het hulle eers gered en toe gesê: “Omdat Ek julle gered het, moet julle my gehoorsaam.”

 

Interessant dat die Israeliete niks moes doen om uit Egipte verlos te word nie – geen burgeroorlog nie. Dit was alles net genade. Keller beklemtoon die volgorde van gebeure tydens die uittog: die verlossende optrede van God, gehoorsaamheid van die volk in reaksie op wat God gedoen het en seën as gevolg van hulle gehoorsaamheid.

 

In ‘n neutedop: verlossing deur genade, gehoorsaamheid en dan seën. Hierdie volgorde is vas. Die evangelie is dat ek aanvaar dat ek verlos is as gevolg van die bloed van Jesus Christus en daarom gehoorsaam ek. Die alternatiewe benadering – eers gehoorsaam en dan verlos – berus op vrees – hulle gehoorsaam, want hulle is bang. Maar as ons verstaan dat God ons eers verlos het en daarom is ons gehoorsaam, is die motiverende faktore liefde en dankbaarheid.

 

As ek sê dat as ek gehoorsaam is, God my sal seën, tree ek selfgesentreerd op. Hoekom gehoorsaam jy vir God? Om dinge te kry. Sulke gehoorsaamheid is altyd voorwaardelik. As ek egter weet dat ek reeds alles in Jesus Christus het, is ek nie gehoorsaam omdat ek dinge wil hê nie – ek is gehoorsaam om God te verheerlik.