Israel visie – Hermie van Zyl

Kobus vra:http://www.bybelkennis.co.za/geloofsvrae-die-toekoms-van-die-jode/

Ek kry kry al hoe meer met verskillende vlakke van Israel Visie te doen. Ek sê sonder enige skaamte direk aan die groepe dat ek nie ‘n “Israel Visie” of “Israeliet” is nie. Hulle sê die Europeërs is afstammelinge van die stamme van Israel, en as ek vra vir bewyse kry ek dit nie of is dit vaag soos dat die Nederlanders die stam Zebulon is, met baie voorbeelde uit die Bybel. Op my stelling aan dié wat sê dat hulle Israel Visie is, sê sommige dat hulle nie Israel Visie is nie, maar sê hulle dat dit SLEGS ISRAEL is wat uitverkies is en nie ALLE VOLKE nie. Ek gee aan hulle al die gedeeltes uit die Bybel, maar dan sê hulle eenvoudig die HEIDENE is slegs die ongelowige Israeliete wat bekeer moet word. Dus sê hulle dat jy SLEGS uitverkies is as jy ‘n ware liggaamlike Israeliet of afstammeling is. Dit voel vir my asof al die teksverse in die Nuwe Testament wat ek vir hulle gee om te lees geen ingang vind by hulle nie. Ek het dus opgehou om met hulle daaroor te praat. Dit het tog ‘n positiewe resultaat op my gehad, dit het gemaak dat ek my Bybel meer lees.

Ek sal bly wees as daar ‘n baie groot uitgebreide stuk hieroor geskryf kan word.

Antwoord

Prof Hermie van Zyl antwoord:

Die vraagsteller is blykbaar goed ingelig oor die sogenaamde Israelvisie-beweging, maar wil nogtans hê dat daar ’n uitgebreide stuk hieroor op die webblad van Bybelkennis.co.za geskryf sal word. Daar is egter reeds deur verskeie teoloë uitvoerig oor hierdie beweging geskryf, ook in Afrikaans. Twee daarvan verskyn op die webblad van Bybelkennis.co.za, geskrywe deur prof Adrio König. Hierdie stukke gaan spesifiek oor die toekoms van Israel. Dit kan gevind word onder die volgende opskrifte: “Alle paaie lei na Jesus: Die toekoms van Israel (1)”; en: “Geloofsvrae: Die toekoms van die Jode”. Die vraagsteller kan dit met behulp van Bybelkennis.co.za se soekfunksie opspoor.

Voorts kan die vraagsteller ook ondergenoemde stuk raadpleeg wat na my mening ’n goeie oorsig gee oor die teologie en interpretasies van die Israelvisie-beweging (klik net op onderstaande skakel of kopieer dit na jou soekenjin se soekfunksie en druk “enter”): https://www.google.com/url?sa=t&rct=j&q=&esrc=s&source=web&cd=1&ved=2ahUKEwiBmteN4q3lAhXYilwKHTV9C_gQFjAAegQIAhAB&url=https%3A%2F%2Fwww.ankura.net%2F2006%2F05%2F02%2Fdie-israelvisie1%2F&usg=AOvVaw2rMqO94FdXDgK5S2sCxRyw

Ek vertrou dat ons vraagsteller hiermee gehelp sal word in sy verdere ondersoek na die Israelvisie-beweging.

Skrywer: Prof Hermie van Zyl




Henri Nouwen se visie van die kerk

DT Niles Teoloog van Sri Lanka

Henri Nouwen se visie van die kerk

Henri Nouwen se visie van die kerk:


As ons na die rante van die samelewing uitreik sal ons vind dat ons kleinlike verskille, vrugtelose debatte en verlammende kompetisie geleidelik verdwyn. Die kerk word altyd vernuwe as ons aandag van onsself na diegene met behoeftes verskuif. God se seëninge kom altyd na ons deur die armes. Die merkwaardige ondervinding is dat die armes altyd meer gee as wat hulle ontvang – hulle gee vir ons kos tot nadenke.