Uit die Hemel sien? – Johann Voges

‘n Leser vra,

Ek het beide my ouers op ‘n jong ouderdom verloor. 16 en 28 onderskeidelik.

Ek is nou 38 en het nou my eie gesin. Ek leer my kinders baie oor my ouers omdat hulle nooit die voorreg gehad het om hulle te ken nie. Ek kan nie help nie, maar wonder baie of ons geliefdes enigsins kan sien wat ons hier op aarde doen?

Die huldeblyke wat ons aan hulle bring, spesiale dae wat ons vier ter herinnering van hul lewe hier op aarde. Kan dit uit die hemel (of hel) gesien word? Kleinkinders wat ouma’s en oupa’s nooit geken het nie, sien hulle hulle uit die lewe na die dood?

Ek dink sommer ook aan oorbodige begrafnisse wat sommige mense hou. Sommiges kan jy seker ‘n ophef van afgestorwenes noem? Is dit iets wat die mens doen om ons eie gewete te troos / deel van die rouproses en of sien ons geliefdes regtig hierdie gebare?

Dr Johann Voges Antwoord

Hierdie vrae wat jy vra oor die dood wat ons ‘deurloop straat na God toe’ hier na anderkant toe is, is tergelykertyd ook die ‘doodloopstraat’ van ons insig en verstaan van die hoe, waar en wat daarvan. Dis waar die Bybel sê ons geloof en vertroue in God nodig het vir die misterie van doodgaan en lewe na die dood.

Ek wil tog vir jou ‘n paar artikels aanbeveel wat jy hieroor kan lees…

  1. Ek stuur vir jou ‘n uittreksel oor ‘n hoofstuk uit ‘n boek wat ek geskryf het “Anderkant twyfel” (Barnabas Uitgewers 2022) met die opskrif “Oor lewe en dood effe anders gepraat” (1 Korintiërs 15:35-58)

Lees ook op ons webtuiste (www.bybelkennis.co.za) die volgende artikels …

  1. Waar is die hemel? – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/waar-die-hemel/)
  2. Sal ons mekaar na die dood herken? – Kobus Kok (https://www.bybelkennis.co.za/sal-ons-mekaar-na-die-dood-herken/)
  3. Vlakke van bestaan – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/vlakke-van-bestaan-hermie-van-zyl/)
  4. Verheerlike liggame – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/verheerlike-liggame-jan-van-der-watt/)
  5. Wat gebeur na die dood? – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/wat-gebeur-na-die-dood-jan-van-der-watt/)
  6. Mense wat uit die grafte kom met Christus se dood in Matteus 27 – Kobus Kok (https://www.bybelkennis.co.za/mense-wat-uit-die-grafte-kom-met-christus-se-dood-in-matteus-27/)
  7. Wat gebeur na die dood?(1) – Fanie Rudolph (https://www.bybelkennis.co.za/wat-gebeur-na-die-dood1/)

9 Wat gebeur na die dood?(2) – Fanie Rudolph (https://www.bybelkennis.co.za/wat-gebeur-na-die-dood2/)

  1. Na die dood – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/na-die-dood/)
  2. Die Groot Geloofswoordeboek: Dood en Lewe na die dood – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/die-groot-geloofswoordeboek-dood-en-lewe-na-die-dood/)
  3. Die Dood – Franscois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-dood-franscois-malan/)
  4. Aan die ander kant – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/aan-die-ander-kant/)
  5. Hoe vinnig gaan ons hemel toe na ons fisiese dood? (https://www.bybelkennis.co.za/hoe-vinnig-gaan-ons-hemel-toe-na-ons-fisiese-dood/)

Ek hoop dat jy met die lees van al hierdie artikels ‘n antwoord kry vir die vrae wat jy gevra het.

Skrywer:  Dr Johann Voges