Moses? – Johann Voges

‘n Leser vra,

Moses was 3 maande oud toe sy ma hom op die rivier in die die mandjie gesit het. Sy Ma het hom toe gesoog vir ñ tyd lank voor sy hom na die paleis van die Egiptiese prinses toe geneem het waar hy geskool in lees en skryf was. Gedurende die tyd wat sy ma hon gesoog het het hy waarskynlik net Hebreeus gehoor. Maar toe hy by die Egiptiese prinses aangekom het toe hy nog klein was, neem ek aan het hy nie weer Hebreeus gehoor nie, en seker net in die taal van die Egiptenare gekommunikeer seker tot hy ñ volwasse jong man was,
My vraag is:
1-weet ons of hy wel Hebreeus magtig was toe God hom terug gestuur het Egipte toe?
2- Weet ons wat die taal van die Medianiete was , of hulle dalk ook Hebreeus gepraat het?

Dr Johann Voges antwoord

Daar is ‘n paar interessante artikels oor Moses op ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za/. Tik by die soekfunksie “Moses” in en dan sal jy die volgende artikels kry wat jou vrae sal antwoord…

  1. Vraag: Moses se staf – Johann Voges (https://www.bybelkennis.co.za/vraag-moses-se-staf-johann-voges/)
  2. Die oue weerklink in die nuwe: Die Eksodus en Moses – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/die-oue-weerklink-die-nuwe-die-eksodus-en-moses-jan-van-der-watt/)
  3. Die oue weerklink in die nuwe: Deur die woestyn – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/die-oue-weerklink-die-nuwe-deur-die-woestyn-jan-van-der-watt/)
  4. Die oue weerklink in die nuwe: Moses (1) – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/die-oue-weerklink-die-nuwe-moses-1-jan-van-der-watt/)
  5. Die oue weerklink in die nuwe: Moses (2) – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/die-oue-weerklink-die-nuwe-moses-2-jan-van-der-watt/)
  6. Die oue weerklink in die nuwe: Moses (3) – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/die-oue-weerklink-die-nuwe-moses-3-jan-van-der-watt/)
  7. Die oue weerklink in die nuwe: Die nuwe wet – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/die-oue-weerklink-die-nuwe-die-nuwe-wet-jan-van-der-watt/)
  8. Moses en sy geloof – Kobus Kok (https://www.bybelkennis.co.za/moses-en-sy-geloof/)
  9. Watter taal het Moses gepraat? – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/watter-taal-het-moses-gepraat/)

 

Daar is nog heelwat ander artikels oor “Moses” op ons webtuiste … maar ek dink hierdie behoort nie net jou vraag te antwoord nie, maar ook ‘n wyer kykie te gee op die boodskap oor Moses in die Bybel

Skrywer:  Dr Johann Voges




Vraag: Moses se staf – Johann Voges

‘n Leser vra

Ek lees in Eksodes “2 Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf.” Hier neem ek aan dis die staf wat hy maar altyd by hom gehad het. Wanneer ek verder lees, lees ek in vers 20 ” Moses het ook die staf van God in sy hand”

Nou wonder ek of dit is omdat God die staf geseen het en of dit n ander staf was.Sal waardeer indien daar lig op hierdie onderwerp gegee kan word.
Vraag is dit dieselfde staf of n ander staf.

Antwoord

Dr Johann Voges antwoord

Oor Moses se “staf” wat hy in sy hand gehad het in Eksodus 4 …

Hiermee net eers ‘n stukkie verheldering oor wat hier geskryf staan … Die Boodskap Bybelvertaling 2008 vertaal die verse in Eksodus 4 waarin na Moses se staf verwys word as volg…

2Die Here vra hom toe: “Wat het jy daar in jou hand?” Hy antwoord: “Dis ’n stok.” 3 Die Here sê toe: “Gooi dit op die grond neer.” Toe Moses dit op die grond gooi, verander dit in ’n slang. Moses wou weghardloop, 4 maar die Here sê vir hom: “Vang die slang aan sy stert.” Toe Moses die slang aan die stert gryp, het dit weer ’n stok in sy hand geword17Hou hierdie stok by jou dat jy daarmee die tekens kan doen wat Ek vir jou gewys het om die volk te oorreed.”

 

Hierdie stok (herderstaf) wat Moses by hom het, was tipies wat die skaapwagters by hulle destyds gehad het en gebruik het om onder ander hulle skape te beskerm teen wilde diere… want die Here kry Moses hier in die begin hoofstukke van Eksodus waar hy skape oppas … waar die Here vir Moses kom haal (roep) om die Israeliete uit Egipte te loop haal om hulle na die beloofde land toe te bring … en gee hier in Eksodus 4 vir hom 3 tekens wat hy kan gebruik om die Farao te oortuig dat die Here vir Moses na hom toe gestuur het om sy volk uit Egipte weg te vat (Eksodus 4:1-9)

 

  1. Daar is ook ‘n interressante artikel wat jy hieroor kan lees by die volgende verwysing … https://bybelskool.com/eksodus-3-417-god-stuur-moses-om-die-godsvolk-uit-egipte-te-lei/ .

 

  1. Lees ook die volgende artikels wat op ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za) geskryf is….
  2. Coen Slabber se geskrywe oor “Moses by die doringbos”https://www.bybelkennis.co.za/moses-ontmoet-god-in-n-doringbos/
  3. Hennie Stander se skrywe oor “Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Die Oppas van Skape en Bokke” https://www.bybelkennis.co.za/gebruike-en-gewoontes-die-bybel-die-oppas-van-skape-en-bokke3-hennie-stander/

 

Skrywer: Dr Johann Voges