image_pdfimage_print

Hoe lees ChristenE die Ou Testament

Dit is ‘’n vraag wat baie Christene pla. Die Hebreër-boek gee vir ons leidrade hoe om dit te doen, noudat Christus alle dinge vervul het. Daar is verkeerde maniere om die OT te lees:

  1. Ons lees dit OT as ‘’n boek wat nie aan die kerk behoort nie

Soms glo ons die OT behoort aan die Jode en die NT aan die kerk. Ons wil graag ons kerk so organiseer dat dit ‘’n wettige NT kerk is. Hiermee bedoel ons ons wil die skklesiologie soos gemodelleer deur die apostels en Jesus naboots. Natuurlik is dit reg en goed, maar ons moet versigtig wees om nie die indruk te skep dat ons Bybels by Matteus begin nie. Die OT Skrifte behoort aan die kerk, want hulle getuig van en skep die histories -verlossings konteks van die evangelie: Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en profete getuig, in werking getree (Romeine 3;21).

Marcion het bewer dat die God van die OT nie ook die God van die NT is nie. Hy wou later wegdoen met die OT. Vandag kry ons ook steeds mense wat beweer dat die OT portret van God baie kru en rudimentêr is.

  1. Die versoeking om die OT te ignoreer.

Baie van ons verstaan nie die OT nie, want dit is so vreemd aan ons kultuur. Dit is ook moeilik om te verstaan. Maar die OT verskaf die konteks waarbinne ons die evangelie moet verstaan.

  1. Die siening dat Christelike teologie primêr in die OT gegrond is.

Dit is nou die teenoorgestelde.  Hiermee erken ons nie die betekenisvolle verlossings-historiese oorgange nie. Hierdie oorgange is die gevolg van JesusChristus wat God se eskatologiese koninkyk kom vestig het. Natuurlik is daar kontinuïteit tussen die twe Testamente, maar daar is ook betekenisvolle diskontinuïteit. Ons is NT mense en mense van ‘’n nuwe verbond. As ons die OT lees, moet ons dit lees in die lig van die vervulling deur J.C..

Christene mag nie die OT ignoreer, of verwerp of onkrities verhef nie. Jesus Christus het nie gekom om die OT ongeldig te maak nie, maar om dit te vervul (Matteus 5:17). Die OT is vir ons onderrig geskryf en en is van groot waarde selfs nou in die tyd van die nuwe verbond om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘’n regte lewenswyse te kweek (2 Timoteus 3:16). Paulus sê: alles wat vooraf in die Skrif opgteken is, is tog opgteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoeding  wat die Skrif ons gee, vol hoop kan ees (Romeine 15:4). die OT wat in die verlede opgeteken is, is vir ons onderrig, hoop en bemoediging. Ons moet nie alleen die OT lees nie, maar ons moet leer daarom reg te lees in verhouding tor Jesus Christus.

image_pdfimage_print