image_pdfimage_print

Die Koninkryk van God

Hoe heerlik klink in die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!”  Hoor, jou wagte roep hard, hulle jubel almal saam, want hulle sien dat die Here na Sion toe terugkom (Jesaja 55:7 – 8).

Die evangelieverhaal begin met hoop. God se mense, Israel word deur die Romeine onderdruk. Dan verskyn Jesus op die toneel as Koning. Nadat Hy deur Johannes die Doper gedoop is en die Heilige Gees ontvang het, verkondig HY bekering en goeie nuus vir die armes. In die Skrif lees ons van die wonderlike beloftes van ‘’n Koning wat sou kom.  Hy doen wonderwerke as tekens van die heelheid en seëninge wat sy bewind kan bring. Sy veldtog om die goeie nuus te verkondig en te demonstreer eindig in sy dood aan die kruis. Dit is duidelik dat sy dood nie iets toevalligs is nie. Sy dood was geen mislukking nie. Die einde was slegs die begin.   Jesus sterf in solidariteit met die swakkes; Hy sterf vir sondaars Sy opstanding was ‘’n oorwinning vir sy mense.

 

Die goeie nuus van die koninkryk is dat Jesus die straf van ons sondes op Hom geneem het. Hy gee aan ons die seëninge wat met volmaakte berou en bekering gepaard gaan. Sy versoening vir ons sondes is die goeie nuus van die Koninkryk. Christus is die genadige Koning wat almal wat na Hom toe kom, aanvaar.

 

Daarom is die Christelike lewe een van hoop. Hirdie is nie ‘’n hoop wat lyding en pyn ignoreer nie, maar ‘’n hoop wat na die gekruisigde Christus kyk wat die opgestane Here is. Soos die profeet, Jesaja, sê: “Jou God is Koning!” dit is die goeie nuus van die koninkryk

 

image_pdfimage_print