Algemene genade

image_pdfimage_print

I tell you our strength, whenever we have any, is our greatest weakness, and our fancied wisdom is our real folly. —C.H. Spurgeon

Algemene genade

Hoekom het Adam en Eva nie onmiddellik gesterf na hulle oortreding in die paradys nie? God het immers verklaar dat Adam weer na die aarde wou terugkeer: Stof is jy, en jy sal weer stof word (Genesis 3:19). Wat het hulle in staat gestel om aan te hou leef en die voordele van die lewe – kos, kinders, ens – te geniet? Hoekom geniet so baie sondaars vandag steeds daardie selfde voordele?

Genade – dit is God se seëninge wat almal per definisie onverdiend is. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen (Matteus 5:45). Hierdie staan bekend as algemene genade, want dit is vir alle mense – geen onderskeid word getref nie.

Wayne Gruden (Systematic Theology) sê dat algemene genade die genade is waardeur God aan mense ontelbare seëninge gee, maar nie deel van verlossing is nie. Hierdie genade is nie tot fisiese seëninge – reën, kos en gesondheid –  beperk nie, maar sluit seëninge op baie ander gebiede in – intellek, kreatiwiteit, moraliteit, ens. Soos alle genade is dit ‘n onverdiende guns. Die doel is om ons oë op ons liefdevolle Skepper te vestig.

image_pdfimage_print