Antwoord jou roeping

image_pdfimage_print

 

Walking with a friend in the dark is better than walking alone in the light. -Helen Keller

 

Antwoord jou roeping

Produktiwiteit is om ‘n doeltreffende rentmeester van my gawes, talente, tyd, energie en entoesiasme  te wees sodat dit tot voordeel van ander en ter verheerliking van God is. Almal van ons is verantwoordelik om alles wat ons het, te rig op een groot doel – jy moet produktief wees. Jy moet die beste ding doen (doen goed aan ander) vir die beste doel (om God te verheerlik). Tog sukkel ons almal hiermee. As jou doel duidelik is, hoekom sukkel ons dan?

 

Produktiwiteitsdiewe

Daar is veral drie belangrike sondebokke:

  1. Luiheid

Luiheid was nog altyd ‘n probleem. Die Spreuke-boek het baie oor die luiaard te sê. Voorbeelde:

  • ‘n Deur bly op sy skanier draai; ‘n luiaard bly omdraai op sy bed (26:14).
  • Die luiaard se verskoning is: “ Daar is ‘n leeu in die pad! Daar is ‘n leeu in die straat (26:13) – verregaande verskonings.

Die luiaard in hierdie boek is iemand wat nie nuwe ondernemings begin nie, nie klaarmaak wat hy begin het nie, hy kan nie die werklikheid in die oë kyk nie en hy is rusteloos, nutteloos en hulpeloos. Sy lewe is chaoties, want sy siel is chaoties. Hy gee min om vir daardie dinge wat God eer en verheerlik – dinge soos harde werk en om goed aan ander te doen.

 

Daar is iets van die luiaard in almal van ons. As jy ‘n verskoning soek om onproduktief te wees, sal jy een kry – of een maak. Vandag is daar baie maniere om lui te wees en dinge uit te stel. Dink maar aan die tyd wat jy met jou vriende op Facebook spandeer of as jy op YouTube vermaak soek. Teksboodskappe is darem beter as om diep na te dink. Jy word omring deur versoekins om lui te wees. Jy gee meer dikwels toe as wat jy dink.

 

  1. Besig wees

Hier doen jy te veel. Die probleem is dat die samelewing ons oordeel oor hoe besig ons is. Ons kla oor hoe besig ons is, maar ons glo dit verhoog ons waarde. Maar besig wees, moet nie met toewyding verwar word nie. Dit moenie met trou en vrugbaarheid verwar word nie. Dit mag jou laat goed voel oor jouself – dit skep die illusie dat jy dinge gedoen kry. Al wat dit beteken jy gee te min aandag aan te veel dinge – jy prioritiseer die verkeerde dinge en daarom ly jou produktiwiteit.

 

  1. Dorings en dissels

Daar is ook uitdagings wat van buite kom. God het ons geleef om volmaak in ‘n volmaakte wêreld te leef. Maar toe kom die mens in opstand teen God. God verduidelik vir hom dat daar gevolge sal wees. Die aarde is deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit ‘n bestaan maak, jou lewe lank; die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet (Genesis 3:17 – 18). Die straf was nie werk nie, maar die moeilikheid wat met die werk gepaard gaan. Wat eens maklik was, is nou moeilik. Die aarde wat op ‘n stadium net goeie plante voortgebring het, bring nou dissels en dorings voort – dit word ‘n slagveld tussen goeie plante en onkruid. Elke werk het sy dorings en dissels wat produktiwiteit bedreig.

 

Dit mag luiheid of besig wees of dorings en dissels of iets anders wees. Maar wat jou daarvan weerhou om goed aan ander te doen, is ‘n probleem. Dit is ‘n probleem wat verhoed dat jy die werk wat God aan jou toevertrou het kan doen. Die vermindering van produktiwiteit is eerstens ‘n teologiese probleem – Jy verstaan nie die waarhede wat God in die Bybel openbaar nie of jy kan dit nie toepas nie. Wat ook al die antwoord is, moet geïdentifiseer en uitgeroei word.

 

image_pdfimage_print