Betrokke by die kultuur

image_pdfimage_print

 

A loving God who has no wrath is no God. He is an idol of our own making as much as if we carved Him out of stone. —R.C. Sproul

 

Betrokke by die kultuur

Kultuur is nie een ding nie, maar bestaan uit honderde dinge: goed en sleg. Dit vereis ons aandag. Ons moet ‘n drievoudige benadering tot die kultuur volg: verwerp alles wat verkeerd is – alle vorme van ongeregtigheid; aanvaar dit wat goed is;  herstel dit wat verkeerd is – volg God se plan vir die wêreld.

 

As ons hierdie model aanvaar vereis kulturele betrokkenheid ‘n paar dinge van ons:

  1. Wees teenwoordig

Dit beteken ek moet deel wees van die gemeenskap waar God my geplaas het. Ken jy die mense? Ken jy die plaaslike probleme? Geen kulturele interaksie is moontlik as jy nie self daar is nie. Waar begin ek? By my bure; neem deel aan plaaslike gebeurtenisse.

 

  1. Oefen onderskeidingsvermoë

Wees versigtig met jou betrokkenheid. Sommige dinge moet jy onmiddellik verwerp. God roep ons nie om geestelike passifiste te wees nie – soms moet on teen iets veg, maar altyd met die doel om te genees.

 

  1. Ontwikkel jou teologie

As ek met die gemeenskap oor sonde, die evangelie en die karakter van God wil praat, moet ek hierdie dinge verstaan. Natuurlik kan God my tekortkominge oorwin. Lees goeie boeke, praat met ander wat jou passie deel oor die taak.

 

  1. Kry moed

Betrokkenheid by die kltuur vereis persoonlike oortuiging. Verkondig die evangelie in woord en daad; dien ander. Ek sal in die proses bang word.  Vertroosting en moed sal ek net by God kry – Hy het dit immers belowe.

 

  1. Praat duidelik

Jy moet die taal van die kultuur kan praat. Jy mag dalk die taal van jou gemeenskap verstaan, maar jy praat dit nie – veral as jy die evangelie aan mense moet verduidelik. Ons moet die evangelie in woorde verduidelik wat die mense verstaan. Gesprekke wat vooraf beplan en geoefen word, is van min waarde. Begin ‘n dialoog met mense, bou vriendskappe met hulle. Daar is nie ‘n maklike resep nie. Dit is doen, misluk en weer probeer.

 

  1. Liefde

Die belangrikste reël. Dit gaan nie net oor idees nie, maar veral oor mense gemaak na God se beeld. Dit is mense met gevoelens vir wie God ons geroep het om hulle te dien. Liefde vir God en ons naaste moet ons aktiveer om te praat en op te tree.

 

image_pdfimage_print