Boosheid en lyding

image_pdfimage_print

The lover of truth must choose, in every way possible, to do and say what is right, even when threatened with death, rather than save his own life.Justinus die Wysgeer (apologeet in die tweede eeu)

 

Boosheid en lyding

Mense leef in die ware wêreld met al sy pyn, wreedheid, geweld, siektes, ongelukke, emosionele en fisiese lyding en dood. Lyding en die bose is vir alle mense praktiese problem. Maar Christene sukkel ook verstandelik met lyding en die bose. As ek kyk na wat Christene glo aangaande God en die wêreld, is die bose en lyding ‘n problem. Hoe kan ek dit verduidelik? Waar kom dit vandaan?

 

 Die ou Grieke en Romeine het geen problem gehad nie, want van hulle gode was sleg en boos. Ons moet dus verwag dat die wêreld waaroor hierdie gode heers ook boos moet wees. Maar vir Christene is dit anders. Ons glo dat daar ‘n lewende God is, die Skepper van die hemel en die heelal. Hierdie God is persoonlik, goed, liefdevol, almagtig en oppermagtig oor alles wat gebeur. Hoe kan ons glo in ‘n God wat almagtig en liefdevol is as die wêreld so vol boosheid en lyding is? Sluit hierdie twee dinge mekaar nie wedersyds uit nie?

  • As God almagtig is, kan Hy die bose en lyding verhoed; Hy doen dit nie – daarom kan Hy nie liefdevol wees nie.
  • Omdat God liefdevol is, wil Hy die bose en lyding verhoed; Hy kry dit nie reg nie – daarom kan Hy nie almagtig wees nie.

 

Die Bybel bevestig dat God liefdevol en almagtig is. Die Bybel beskryf egter ook die aaklige werklikheid van die bose. Nou is dit baie interessant: Ons vra altyd “hoekom”? Die mense in die Bybel, daarenteen, vra meestal “hoe lank nog”? Hulle vra nie van God ‘n verklaring vir die oorsaak van die bose nie, maar pleit eerder by God om iets te doen om dit te beëindig. En dit is presies wat God beloof het om te doen.

 

image_pdfimage_print