Is daar voorbeelde in die Bybel wat verhoor is? – Johann Voges

‘n Leser vra

Is daar voorbeelde in die Bybel van gebede wat verhoor is, in die ou en nuwe testament?TSSN

Antwoord

Dr Johan Voges antwoord

Oral in die Ou en Nuwe Testament kry ‘n mens voorbeelde van elke gebed wat gehoor en verhoor word … die dilemma is dat ek as bidder dink die Here het nie my gebed verhoor as Hy dit anders antwoord as wat ek dit wou gehad of verwag het nie.

Kyk gerus op ons webblad (https://www.bybelkennis.co.za/) hieroor … tik in by die soekfunksie ‘gebedsverhoring’ en jy sal die volgende artikels hieroor kry…

  1. Gebedsverhoring – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/gebedsverhoring/)
  2.  Perspektief op gebed (30) – Die hartklop van gebed – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/perspektief-op-gebed-30-die-hartklop-van-gebed-jan-van-der-watt/)
  3.  Die Biddende Hande deur Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/die-biddende-hande-_-hermie-van-zyl/)
  4. Herhaalde oproepe tot gebed – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/herhaalde-oproepe-tot-gebed-hermie-van-zyl/)
  5. God se wil/my wil deur Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/god-se-wilmy-wil-hermie-van-zyl/) 6.  Christelike vrymoedigheid en vertroue (1 Joh 5:14-21) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/slot-christelike-vrymoedigheid-en-vertroue-514-21-francois-malan/)

Skrywer: Dr Johann Voges




Vraag: DIE BRIEF AAN DIE GALASIËRS – Johann Voges

‘n Leser vra:

Die eerste lesers van Galasiërs was nie Jode gewees nie – heel waarskynlik Kelte.

hoe weet jy dat dit kelte was , was hulle nie van ierland nie?

Antwoord

Dr Johann Voges antwoord

Hiermee ‘n verduideliking uit Chris van Wyk se Bybelskool notas (https://bybelskool.com/aan-die-galasiers/)

Paulus skryf hierdie brief aan die “gemeentes in Galasië” (Gal. 1:2) wat aandui dat dit as ’n omsendbrief bedoel was.  Hy skryf dit saam met/namens al die gelowiges by hom, óf van Korinte óf van Efese af.  ’n Sekretaris het hom heel moontlik weer bygestaan (Gal. 6:11).

Watter Galasië?

Dit is onseker watter Galasië bedoel word, omdat daar twee landstreke was wat Galasië genoem is:

  1.   Die suidelikeetnies-geografiese gebied Galasië in sentraal Klein-Asië (Turkye) waar immigrante van Gallië (Frankryk) hulle gevestig het in die 3de eeu v.C. en wat die gebiede van Pisidië (Hand. 13:14; 14:24), Likaonië (Hand. 14:6 – twee van die stede hier word ook deur Lukas genoem: Listra en Derbe) en Frigië (Hand. 2:10 – van die Joodse gelowiges van hier af was op Pinksterdag in Jerusalem; Hand. 16:6; 18:23) ingesluit het (die sogenaamde Suid-Galasië-teorie).
  2.  

      Die Romeinse provinsie van Galasië wat ook die noordelike dele van Klein-Asië ingesluit het (die sogenaamde Noord-Galasië-teorie).

Indien Paulus aan gemeentes in die etnies-geografiese gebied geskryf het – Suid-Galasië-teorie –  ’n streek wat Paulus op sy eerste en tweede sendingreis besoek het, het Paulus die brief aan die Galasiërs waarskynlik uit Korinte geskryf in dieselfde jaar as die briewe aan Tessalonika, ongeveer in die jaar 50 n.C.  Dan verwys hy ook in Galasiërs 4:13 na sy eerste besoek aan hulle, soos Lukas dit in Handelinge 13-14 beskrywe het.  Sy tweede besoek was dan op sy tweede sendingreis, soos Handelinge 16:6 dit beskrywe.

Indien die brief aan die breër Romeinse provinsie geskryf is – Noord-Galasië-teorie – ’n streek wat Paulus op sy tweede sendingreis besoek het (Hand. 16:6), het Paulus die brief aan die Galasiërs waarskynlik uit Efese geskryf in dieselfde jaar as die briewe aan Rome, ongeveer in die jaar 53 n.C.  Dan verwys Galasiërs 4:13 waarskynlik na sy eerste besoek, soos Lukas in Handelinge 16:6 dit beskryf, en was sy tweede besoek aan hulle op sy derde sendingreis, soos Handelinge 18:23 dit beskryf.

As ’n mens die inhoud van die brief vergelyk met wat met sy besoek aan die etnies-geografiese gebied Galasië gebeur het, lyk die eerste moontlikheid meer waarskynlik – Suid-Galasië-teorie – hoewel ’n mens moet erken dat daar te min oor die ander besoeke (Hand. 16 en 18) bekend is, om ’n besliste keuse te maak.

Ooreenkomste met Handelinge 13

Die brief pas baie goed in by die situasie wat Lukas vir ons in Handelinge 13 beskrywe.  Dit sal baie help om Handelinge 13:13-51 as agtergrond vir ‘n studie van Galasiërs te gebruik.

In Antiochië in Pisidië het Paulus op sy eerste sendingreis ’n belangrike toespraak in die sinagoge gehou, waar hy baie spesifiek nie net aansluit by die Joodse geskiedenis van Moses tot Dawid nie, maar die gelowiges die nakomelinge van Abraham noem (Hand. 13:26 – vgl. Gal. 3:29).  Baie van die Jode en ook heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, het Paulus se boodskap aanvaar.  Hoewel die Jode die volgende sabbat begin het om die stad teen Paulus op te sweep (byna die hele stad was daar – Hand. 13:44!), het ook baie heidene die woord van die Here aanvaar en gelowig geword.  Dit het die evangelie soos ’n veldbrand vanuit hierdie stad dwarsdeur die hele streek laat versprei.

En let op hoe Lukas die gelowiges van Antiochië (onthou daar was ook ’n ander Antiochië in Sirië, vanwaar Paulus telkens sy sendingreise onderneem het – vandag Antakya in Turkye) beskryf as “vol blydskap en vol van die Heilige Gees” (Hand. 13:52), die ander groot tema waarop Paulus in die brief aan die Galasiërs sal uitbrei (Gal. 3-6).

Skrywer: Dr Johann Voges

 

 




Praat die Bybel van Watergeeste – Johann Voges

‘n Leser vra:

Praat die Bybel van watergeeste? Is dit sonde om water aan te wys?

Antwoord

Dr Johann Voges antwoord

Daar is nêrens in die Bybel enige verwysing na “watergeeste” nie … sommige Joodse rabbi’s het al verwys na die “engel / die Here” wat met Jakob by die Jabbok rivier gestoei het in Genesis 32:24-32 dat dit eintlik “’n watergees” was wat wou verhinder dat Jakob deur die rivier gaan.

Vir die verklaring wat daar in Genesis 32 gebeur het, kan jy die volgende artikels hieroor lees…

  1. In wikipedia (https://en.wikipedia.org/wiki/Jacob_wrestling_with_the_angel)
  2. In Bybelskool artikels (https://bybelskool.com/genesis-32-jakob-worstel-enduit-met-god-en-word-verander-van-bedrieer-na-begenadigde/) en (https://bybelskool.com/geloof-in-twyfel/)

 

Oor die aanwys van water is daar ook ‘n insiggewende artikel wat jy kan lees oor wetenskaplike maniere of wiggelary in die aanwys van water (https://www.boor.co.za/lees-meer/)

Skrywer: Dr Johann Voges




Vraag: Wat was Maria se emosies? – Johann Voges

Vraag:

Ek wil graag weet, watse boodskap kan mens kry uit Maria se emosies en hoe sy as ma gevoel het om langs die Kruis te staan tydens Jesus se kruisiging. Wat kan mense hieruit leer?

Dr Johann Voges Antwoord

Die dilemma om jou vraag vanuit ‘n Bybelse perspektief te probeer beantwoord is amper onmoontlik … want die Bybel vertel ons so min van Maria se emosies oor wat met Jesus alles gebeur het … behalwe so hier en daar soos na sy geboorte in Lukas 2 en alles wat daarna gebeur het, sê Lukas “Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haar self daaroor nagedink” (Lukas 2:19) … niks word gesê oor hoe sy gevoel het oor wat Simeon en Anna vir haar vertel het hoe dit haar gaan raak oor wat mense alles met Jesus gaan doen nie (Lukas 2:25-38) (enigste iets buite Bybels hieroor is is Elizabeth Eybers se gedig “Maria” https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-maria/ ) … daar word ook niks gesê oor haar reaksies by Jesus se kruisiging nie (Johannes 19:25-27). In die kerkgeskiedenis en godsdienskuns (veral in die Rooms Katolieke Kerk) het daar nie net later ‘n “Maria-aanbidding” ontstaan nie maar word sy al meer uitgebeeld as die “lydende moeder” van Jesus, dink byvoorbeeld aan die sogenaamde “pieta” uitbeelding van haar na Jesus se kruisiging deur Michelangelo in die 13 en 14 de eeu … en ook haar uitbeelding in die kuns as die “Stabet Mater dolorosa” in die 13de eeu (die lydende staande moeder by die kruis).

 

Om verder hieroor te lees, beveel ek die volgende artikels vir aan…

Op ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za/) die volgende…

“Wat het van Moeder Maria en Jesus se broers geword?” – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/wat-het-van-moeder-maria-en-jesus-se-broers-geword/)

“Johannes en Maria” – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/johannes-en-maria-francois-malan/)

“Maria se geloof” – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/maria-se-geloof/)

“Jesus se Moeder tydens sy kruisiging” – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/jesus-se-moeder-tydens-sy-kruisiging/)

 

“Bly by My – Lukas 2:25-40” – ‘n preek deur Chris van Wyk (https://www.chrisvanwyk.co.za/bly-by-my-lukas-225-40/)

“Stabet Mater dolorosa”  (https://en.wikipedia.org/wiki/Stabat_Mater en https://en.wikipedia.org/wiki/Stabat_Mater_(art)

“La Pietà – ‘n Jong Meesterstuk deur Michelangelo” – Kenzly (https://kenzly.com/af/la-pieta-a-young-masterpiece-by-michelangelo/?currency=SCR)

“Die geskenk van die dood” – Nadia Marais (https://kerkbode.christians.co.za/2018/11/12/die-geskenk-van-die-dood/)

Skrywer: Dr Johann Voges