Dawid en Goliat

image_pdfimage_print

I am well pleased not to publish anything unless it has been previously inspected, except for the pure Word of God—that must not and shall not be bound [cf. 2 Tim. 2:9]. — Martin Luther 

Dawid en Goliat

By die Catalyst Conference het Malcolm Gladwell vir Dawid en Goliat bespreek.

Israel was nog ‘n jong staat en hulle groot vyande was die Filistyne. Die Filistyne trek op om Israel aan te val; Israel trek uit om hulle te ontmoet. ‘n Dooie punt. Maar toe stuur die Filistyne ‘n reus, Goliat, uit om teen enige Israeliet te veg. Goliat was te groot. Geen Israeliet  waag dit om na vore te kom nie. Toe tree Dawid na vore

 

Dawid sê vir Saul: As ek die kleinvee vir my pa oppas, en daar kom ‘m leeu of ‘n beer en dra ‘n lam weg uit die kudde, gaan ek agter hom aan en slaan hom dood en red die lam uit sy bek; as hy op my afstorm, gryp ek hom aan sy baard en slaan hom dood. Ek het die leeu en ook die beer doodgeslaan, en hierdie heiden, hierdie Filistyn, sal soos hulle word, want hy het die linies van die lewende God verkleineer … Die Here, wat my gered het uit die kloue van die leeu en uit die kloue van die beer, Hy sal my red uit die mag van hierdie Filistyn … Saul het sy eie uitrusting vir Dawid laat aantrek … en Dawid het dit uitgetrek (1 Samuel 17:31 – 39)

Dawid tree na vore; Goliat kyk hom met minagting aan omdat hy jonk was, met ‘n rooi gelaatskleur en ‘n mooi voorkoms. Goliat vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met kieries na my toe kom? Hy het Dawid toe in die naam van die Filistynse gode vervloek. Hy dreig om Dawid vir roofvoëls en wilde diere te voer. Hoe reageer Dawid? Jy kom na my toe met ‘n dolk en ‘n spies en ‘n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel wat jy verkleineer. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afslaan … dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort en dat Hy julle in ons mag oorgee.

Daarna hardloop Dawid die Filistyn vinnig tegemoet, sit ‘n klip in sy slingervel en gooi.  Die klip het in sy voorkop ingedring en hy het vooroor op die grond geval.

Ons sê dat Dawid die lydende party is. Hoekom? Hy is jonk; hy is klein; hy het net ‘n slingervel. Maar in antieke oorlogvoering was die slingervel een van die dodelikste wapens. Die klip beweeg so vinnig dat Goliat nie die geleentheid gehad het om te reageer nie. Ons weet ook dat die gebruikers van slingervelle dodelik akkuraat was. Dawid het eintlik ‘n voordeel gehad.

Goliat was ‘n groot, stadige, swaar infanteris. Swaar infanteriste baklei teen swaar infanteriste – daarom gee Saul sy wapenrusting aan Dawid. Maar Dawid speel nie volgens die gebruiklike reëls nie. Daarom het ons ‘n stadige reus met uitstekende tegnologie teenoor ‘n vlugvoetige jongman  gevul met die Here. Wie is die underdog?

Dawid weier om passief te wees. Die res van die Israeliete is. Dawid in die enigste een wat die krag van geloof verstaan. Dawid besef dat juis in oomblikke van swakheid en as ons voor hindernisse te staan kom ons beste leergeleenthede is.

 

Ons onderskat vir Dawid, maar ons verstaan ook nie vir Goliat nie. Ons sien dat Goliat se skilddraer voor hom uitgeloop het. Hoekom? Hoekom het hierdie magtige kryger hulp nodig? Ons lees ook dat Goliat stadig beweeg het. Hoekom het  dit Goliat so lank geneem om te bepaal wat Dawid besig was om te doen? Moderne geneeskunde lei af dat Goliat ‘n adenoom van sy hipofese gehad het. Hierdie gewas laat mense groei, maar dit kan ook die oogsenuwees aantas – dit veroorsaak dat mense se sig aangetas word. Hoekom sê Goliat kom ‘n bietjie hier? Hy moes Dawid naby aan hom hê om hom te sien Hoekom sê Goliat dat Dawid met kieries na hom toe aankom as hy net ‘n slingervel gehad het? Goliat kon die goed sien nie.

 

Hier is twee belangrike lesse wat ons uit hierdie gebeure moet leer:

  • Reuse is nie altyd wat ons dink hulle is nie.
  • Iemand wat rats is, goeie tegnologie gebruik en met die Here gevul is, is nooit die underdog nie.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...