Die deugde van Romeine 5:3 – 4: Karakter

image_pdfimage_print

What amazes me is not that God does not choose everybody, but rather that he chose me – Charles Spurgeon

Die deugde van Romeine 5:3 – 4: Karakter

Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou. En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om ‘n sterk Christelike karakter te vorm (Die Boodskap).

Paulus sê dat volharding vorm karakter. Swaarkry wys die ware aard van my persoonlikheid. Karakter word deur eksterne kragte gevorm, maar dit ook iets wat ons vorm deur te kies om dit te doen.

 

Elemente van ons persoonlikheid word deur beide die natuur en ons omgewing beïnvloed, maar daar is eienskappe wat ons doelgerig moet ontwikkel. As Christene moet ons ‘n heilige karakter wat meer en meer soos Christus s’n lyk ontwikkel. Hier is ‘n mooi stukkie van Pastoor Craig Corkill:

If you sow a thought, you reap an act.
If you sow an act, you reap a habit.
If you sow a habit, you reap a character.
If you sow a character, then you reap a destiny.

 

Christene moet gedagtes, optredes en gewoontes saai, wat ‘n karakter wat ‘n erfenis in die ewigheid werd is, ontwikkel. Dan mag ons karakter deur God goedgekeur word.

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig (2 Timoteus 2:15).

 

image_pdfimage_print

You may also like...