Die engele en Jesus se geboorte

image_pdfimage_print

One man with courage makes a majorityAndrew Jackson

 

Die engele en Jesus se geboorte

As ons Lukas 2 lees, lees ons onder andere van engele. Let op drie woorde van die engele:

 

  • Blydskap

Die engel van die Here verskyn aan die skaapwagters en sê vir hulle: Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is (vers 10). Ons lees dat die sterrekykers uit die Ooste ook bly was: Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly (Matteus 2:10). Hierdie nuus is ‘n tyding van groot blydskap vir alle mense – die skaapwagters, die sterrekykers en vir almal … ook vir ons. As ons aan Christus dink, dink ons aan blydskap? As ons na ons gemeente kyk, sien ons blydskap? Of ek gelukkig is of nie, word deur omstandighede bepaal.  Vreugde is ‘n vrug van die Gees (Galasiërs 5:22). Vreugde/blydskap hou dus verband met God se genade.

 

  • Vrede

Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde (Lukas 2:14). Vrede verwys na die einde van stryd en konflik. Die koms van Christus bring ‘n einde hieraan. God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur on Here Jesus Christus (Romeine 5:1). Ons verkondig ‘n evangelie van vrede. Alle stryd en konflik met God, die mensdom en die aarde is verby.

 

  • Welbehae

Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde in die mense in wie Hy ‘n welbehae het (Lukas 2:14). Ons vind dit soms moeilik om te glo, maar God wil die beste vir ons hê. Ons leef in ‘n wêreld van pyn, tragedies, probleme, siektes, ens, en ons vra voortdurend: Hoekom? Maat God se bedoelings vir ons is goed. God het sy Seun gestuur omdat Hy ons liefhet.

 

Mag ons hierdie Kersfees die drie woorde van die engele onthou: blydskap, vrede en welbehae.

 

image_pdfimage_print

You may also like...