Die evangelie is nie alles nie

image_pdfimage_print

 

In the service of Christ … there may be disappointments, but there cannot be despair; ther may be conflicts but never doubt; there may be afflictions, but never withouit comfort – Philip Hughes

 

Die evangelie is nie alles nie

Wat bedoel ons met die evangelie? Die antwoord is ingewikkelder as wat ons gewoonrlik dink. Die evangelie is ‘n boodskap van hoe ons uit die gevaar gered is. Die agtergrond van die woord evangelie is ‘n nuusberig oor ‘n lewensveranderende gebeurtenis wat reeds plaasgevind het.

  • Die evangelie is goeie nuus – nie goeie raad nie. Dit is nie iets wat ons doen nie, maar iets wat vir ons gedoen is en waarop ons moet reageer. Omdat dit goeie nuus is, moet dit in die openbaar aangekondig word – dit is tog wat jy met nuus doen.
  • Die evangelie is goeie nuus wat aankondig dat ons gered is. Waarvan? Jesus deur wie ons gered word van die oordeel wat kom (1 Tessalonisense 1:10). Hierdie oordeel is nie onpersoonlik nie – dit is God se oordeel. Ons verhouding met God is stukkend. God se toorn is die groot probleem vir die mens (Romeine 1:18 – 32). Hier sien ons dat God se toorn baie vertakkings het. Die agtergrond kry ons in Genesis 3:17 – 19. Omdat ons van God vervreemd is, is ons in onsself sielkundig vervreemd – ons is skaam en bang (3:10). Ons is ook sosiaal van mekaar vervreemd – Adam en Eva moes klere aantrek (3:7). Daar is ook vervreemding tussen man en vrou (3:16). Omdat ons van God vervreemd is, is ons ook fisies van die natuur vervreemd. Ons ondervind nou hartseer, harde werk, fisiese agteruitgang en die dood. Selfs die aarde is vervloek (3:17).

 

Sedert daardie dag leef ons in ‘n wêreld vol lyding, armoede, natuurrampe, oorlië, veroudering en die dood. Die wêreld is deurmekaar en ons het redding nodig. Alle probleme tussen mense is simptome waarvan die oorsaak teruggevoer kan word na die skeiding tussen ons en God. Daarom moet die eerste en primêre fokus van enige verlossing fokus op ons verhouding met God. Eers as ons verhouding met God reg is, sal die ander dinge in plek val.

  • Die evangelie is nuus oor wat Jesus Christus gedoen het om ons verhouding met God reg te stel. As ek ‘n gelowige word, verander my status: Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het (1 Johannes 3:14). Klaar oorgegaan. Jy is of in Christus of nie; jy is of aanvaar of jy is nie aanvaar nie; jy het die ewige lewe of jy het dit nie.

 

image_pdfimage_print